Local newsNews

Covid-19: Een jaar later: ‘Die mat is onder ons uitgepluk’

Die spreekwoordelike mat is ’n jaar gelede onder ons voete uitgeruk met die aankondiging van streng inperkingsmaatreëls weens die Covid-19-pandemie.

Nie net op plaaslike bodem nie, maar wêreldwyd is die skokgolwe van dié virus ervaar.

Met die uitbreek van die wêreldwye pandemie het Suid-Afrikaners vir die eerste keer in dekades voor ’n onbekende uitdaging gestaan en is oud en jonk gekonfronteer met hul eie kwesbaarheid en sterflikheid.

Families oor die land het hulself afgesonder in die veiligheid van hul eie huise. Baie het in hierdie gedwonge stiller tydperk weer die waarde van familie en goeie vriende besef.

Sosiale media het al platform geraak waarmee sommige mense met hul bejaarde geliefdes kon kontak behou.

Ons het begin omsien na die bejaardes in ons gemeenskappe en begin wonder hoe dit met ons bure gaan, want hierdie pandemie was ’n gemeenskaplike vyand en het ons as landsburgers verenig.

Vandag kyk ons terug op ’n jaar van verlies, van persoonlike groei en verandering en ons onthou dié wat die stryd teen die virus moes stry.

Ons dink terug aan dié wat hul lewens verloor het en aan diegene wat vriende of familie aan die dood moes afstaan.

Ons eer ook dié wat sterker aan die anderkant uitgekom het.

Die Pos eer die skole in ons lesersgebied wat, ondanks die pandemie en die inperkings, steeds ’n 100%-slaagsyfer in hul matriekeksamen kon handhaaf.

Waterbergers slaak ’n sug van verligting om weer smiddae leerders op die sportvelde te sien. Ons is dankbaar. Ons staan op en kyk mekaar weer vierkantig in die oë.

As jy dit tot hier gemaak het, het jy dit gemaak.

Related Articles

Back to top button