Local newsNews

Wat sê Thaba-mense oor die komende verkiesing?

Die Pos het vandeesweek met ’n paar mense in Thabazimbi oor die komende verkiesing gesels.

Rdl. Tokkie Swanepoel: “Thabazimbi is ons dorp. Ons, die inwoners van die dorp, kan alleen ’n verskil in ons omgewing maak. Ons het ’n plig om na te kom teenoor onsself, ons gesinne, ons medemens en ook ons nageslag. Dit is uiters belangrik om seker te maak dat inwoners geregistreer is om te kan stem in die wyk waar hulle woon. Jy alleen kan die kruisie trek vir die persoon wat jy as leier sien om hierdie verskil teweeg te bring in ons gemeenskap. Kom ons maak seker ons dra by tot ons dorp se toekoms”.

 

Rdl. Piet Strydom (Munisipale Hoofsweep): “Dit is elke persoon se demokratiese reg om te stem en dit is belangrik om jou stem uit te bring. Op dié manier dra inwoners by tot die verkiesing van die regte persoon wat oor die wyk waarin hy of sy woon se belange in die raad om te sien. Inwoners moet onverwyld by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se kantoor gaan seker maak dat hulle in die regte wyk geregistreer is”.

 

Daar heer groot kommer by politieke leiers omdat slegs sowat die helfte van die dorp se inwoners reeds vir die munisipale verkiesing — wat waarskynlik in Augustus sal plaasvind — geregistreer is.

FC Pelser van Die Pos het gaan uitvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button