Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Rika Kruger van Bela-Bela is op Vrydag 12 Maart by die Bela-Bela-landdroshof as nuwe DA-proporsionele raadslid van die Bela-Bela-munisipaliteit ingehuldig. Sy is aangestel in die plek van Rachel Masemola wat vroeër vanjaar oorlede is. Landdros Maggie Montane het die verrigtinge waargeneem. Die ander raadslede het die geleentheid deur middel van ’n aanlynvergadering bygewoon. Die inhuldiging is na die hof geskuif omdat daar op dié oggend ’n optog deur lede van die Suid-Afrikaanse munisipale werkersunie (Samwu) by die munisipaliteit gehou is. Op die foto is Montane en Kruger ná afloop van die inhuldiging.

Related Articles

Back to top button