Local newsNews

Geliefde juffrou sterf

Die Pos betreur die heengaan van Alet Erasmus, een van ons geliefde oudkollegas.

Erasmus was vroeër jare aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens verbonde.

Sy het jare lank Afrikaans First Additional Language by Settlers Agricultural High School onderrig.

Sy het ná haar aftrede op Woensdae vir ons Die Pos by ons Bela-Bela-kantoor geproeflees en ook in dié tyd deeltyds Afrikaans aan Hoërskool Warmbad onderrig. Daar het sy ook onskatbare werk verrig om leerders met leer- en persoonlike probleme by te staan.

Sy is sowat ’n jaar gelede met kanker gediagnoseer. Haar gesondheid het binne ’n kort tydperk verswak en sy is op Dinsdagoggend 9 Maart oorlede.

Erasmus word oorleef deur haar seun Tiaan van Jaarsveld en sy gesin. Sy was die trotse ouma van twee pragtige kleinkinders met wie sy graag gespog het.

Die Pos sal haar onthou as ’n fyn vrou met ’n ongelooflike taalkennis en –trots. Sy het ons by meer as een geleentheid liggies oor die vingers getik oor taalfoute.

Ons onthou met deernis die koffie en broodjies wat ons op Woensdae in die proefleeskantoor geniet het.

Haar gedenkdiens vind op Saterdag 13 Maart om 11:00 vanuit die NG Moedergemeente Warmbad plaas.

Related Articles

Back to top button