Local newsNews

Dok meer op by tolhekke

Waterbergers sal nou meer by tolhekke moet opdok nadat die nuwe tolhekheffings op Maandag 1 Maart in werking getree het.

Luidens ’n kennisgewing in die Staatskoerant wat op Donderdag 11 Februarie gepubliseer is het Alex Moemi, nasionale direkteur-generaal van vervoer, die nuutste heffings goedgekeur ná samesprekings met die bestuur van die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap (Sanral), Bakwena N1N4, die N3- en N4-tolroete (TRAC).

Motorryers (klas 1-voertuie) wat op die N1-snelweg na Pretoria reis, betaal nou R48,50 by die Kranskop-tolhek en R13,50 by die afrit na Modimolle en Settlers.

Die fooie was verlede jaar onderskeidelik R46,50 en R13. Die Carousel-tolhek se koste beloop nou R60 vir klas 1-voertuie en by die Pumulani-tolhek, net voor Pretoria, beloop die fooi nou R13.

Dit kos nou onderskeidelik R2 meer by Carousel en 50c meer by Pumulani vir klas-1 motorryers.

Motorryers op die snelweg tussen Mokopane en Polokwane betaal nou by die Nyl-tolhek R62,50 en by die afrit na Mokopane R19,50.

  • Skandeer die foto in die gedrukte uitgawe van Die Pos met jou slimfoon PixzAR se toep gratis af te laai.

Related Articles

Back to top button