Local newsNews

Lekker leesnuus vir boekwurms

Modimolle se boekwurms glimlag breed oor al die nuwe boeke wat by die Modimolle-leeskring beskikbaar is om uit te neem.

Op die rakke vir Afrikaanse boeke is die volgende blinknuwe titels:

Katriena vertel van Riana Scheepers, Droomvanger deur Chanette Paul, Bruidzilla van Marion Erskine, Die versoeking van Thomas Maas deur Chris Karstens, Vermoedelik Dood van Johan Kruger, Brandmerk deur Christelle van Rooyen-Wessels, Rooibors Laksman deur Marinda van Zyl, Die Alfa-dokument deur René van Zyl en ’n Enkele verhaal: Die jag op ’n reeksverkragter deur Deon Wiggett.

Van die Engelse boeke wat onlangs gekoop is, sluit in Daylight van David Baldacci, The Dirty South deur John Connolly, Flesh and Blood van Patricia Cornwell, A time for mercy deur John Grisham, The Horse Dancer van JoJo Moyes, The Russian deur James Patterson, The Butterfly Room van Lucinda Riley en Good Girl, Bad Girl deur Michael Robotham.

Boeke kan op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 uitgeneem word teen R10 per boek.

Die Leeskring is in Steve Tshwetestraat (die ou Hospitaalstraat) 13 in Modimolle. Vir meer inligting, bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.

Related Articles

Back to top button