Local newsNews

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

’n Nuwe generasie Hoërskool Nylstroom-leerders het verlede week by die skool aangemeld. Gemasker en opgedollie in ’n groen hemp, vreemde haarstyle en getekende beenhare, is die groep leerders reg om hul hoërskoolloopbane aan te pak!

 

Laerskool Nylstroom het op Maandag 15 Februarie vir Christiaan Laing (gr. 1) hartlik ontvang. Hy was die eerste van die 82 graadeens wat vroegdag by die skool aangemeld het. Hy was maar ’n bietjie onrustig oor die nuwe, groot skool, maar het sommer gou by die Nylie-span ingeskakel.

 

Natasha Labuschagne, oudleerder van Hoërskool Warmbad wat aan die Universiteit van Pretoria studeer, het twee uitsonderlike toekennings verower. Sy het die AP Grové-wisseltrofee verower vir die derdejaarstudent wat die beste selfstandige opstel(le) in die afdeling Afrikaanse Letterkunde geskryf het en die JL van Schaik-prys vir die beste derdejaarstudent in die Departement Afrikaans. Hierdie toekennings sal aan haar oorhandig word tydens die Departement Afrikaans se prysuitdeling.

 

Klein Treetjies Kleuterskool in Modimolle het op Vrydag 12 Februarie Valentynsdag met heerlike kolwyntjies en springmielies gevier. Daar het groot opgewondenheid onder die kinders geheers. Voor sit Noah Ferreira, Timea van der Merwe, Elmarie van Wyk (skoolhoof), Laroché Tubbing, Daniël Strydom, Dané Wessels en Henry Jones. In die agterste ry staan Anja van Wyk, Akani Tlhoalelo, Palesa Makhubela en Liam Steenkamp.

Related Articles

Back to top button