Local newsNews

Ongeluk eis drie lewens

Drie mense is dood in ’n ongeluk op Vrydag 12 Februarie op die R101-pad tussen Radium en die Codrington-afrit.

Een van die oorledenes was sover vasgetel kon word van Bela-Bela.

Luidens ’n verklaring deur kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het die ongeluk omstreeks 15:00 plaasgevind toe ’n rooi Haval en ’n wit Huyndai in ’n botsing reg van voor betrokke was.

Twee slagoffers is in die ongeluk dood en een is in ’n kritieke toestand na die naaste hospitaal gehaas. Dié persoon het later in die hospitaal gesterf, het Ngoepe gesê.

Teen druktyd het ’n woordvoerder van die Bela-Bela-polisie bekendgemaak dat die drie oorledenes geïdentifiseer is as Samuel Nkoe (69) van Alexandria (Gauteng) en Helen Seango (38) van Bela-Bela.

Die derde oorledene, LH Sekhu (67), se besonderhede was nog onbekend.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek en ’n klag van strafbare manslag is geopen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button