Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Hierdie stel sleutels is die afgelope week langs die Alma-pad buite Bela-Bela opgetel. ’n Weldoener het die stel by Die Pos se kantoor in Bela-Bela afgegee. Die eienaar kan dit kom afhaal.

 

Inari Jansen van Vuuren en Morné Bouwer het in Desember in Graaff-Reinet in die Wes-Kaap hul troubeloftes afgelê. Inari is die enigste dogter van Piet en Amanda Jansen van Vuuren van Bela-Bela. Morné is die seun van Morné (snr.) en Simoné Bouwer van Graaff-Reinet. Inari, ’n oudleerder van Laerskool Warmbad en Hoërskool Nylstroom, is ’n onderwyser in Aberdeen en Morné boer in die omgewing.

 

Daar is die afgelope week drie voertuie in Bela-Bela en Settlers gesteel. Volgens ’n polisiewoordvoerder is net een voertuig, ’n Toyota Fortuner wat in Settlers gesteel is, teruggevind. Twee honde is in Settlers vergiftig tydens die diefstal. Die booswigte is op die R21-pad in Gauteng vasgestrek waarna ’n skietery tussen die groep en die metropolisie plaasgevind het. Een verdagte is noodlottig gewond, een is na ’n hospitaal geneem met ’n koeëlwond en die derde is ongedeerd en is in hegtenis geneem. Die ander twee voertuie, ’n Nissan-bakkie en ’n Volkswagen Polo, was volgens die woordvoerder in die straat geparkeer waar dit gesteel is. Dié voertuie is nog nie opgespoor nie. Op die foto is die misdaadtoneel waar die Toyota Fortuner teruggevind is. Foto: Verskaf

 

Dit is nie net slange wat van die huidige klimaat in die Waterberg hou nie. Likkewane is ook baie aktief. Theunis Victor, slangvanger en –kenner van Modimolle, het onlangs dié bielie uit iemand se erf verwyder en op ’n veilige plek vrygelaat. Gebruik die PixzAR-toep om na die video te kyk in die gedrukte weergawe van Die Pos, van die likkewaan wat sy nuwe vryheid geniet.

 

Hierdie stel sleutels is naby Laerskool Warmbad se koshuis in Robertsonweg, Bela-Bela, opgetel. Die sleutels is tans by ’n inwoner van die Tuin
Tuiste-aftreeoord. Die eienaar kan met die inwoner reël om die sleutels af te haal. Skakel tel. 082 851 4764.

Related Articles

Back to top button