Local newsNews

Covid-19 ry vullisverwydering in die wiele vir Bela-Bela-inwoners

Die Bela-Bela-munisipaliteit het op Dinsdag 19 Januarie bekendgemaak dat munisipale vullisverwyderingdienste vir die volgende week nie soos normaal sal plaasvind nie nadat een van hul werkers positief vir die Covid-19-virus getoets is.

Vullisverwydering sal na verwagting eers weer op Maandag 25 Januarie hervat word. Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, het gesê die afdeling gemoeid met vullisver-wydering se perseel in Molotostraat in die Bela-Bela-township is die afgelope week van hoek tot kant gesteriliseer.

Hy het gesê die betrokke werkers moet ook die geleentheid gegun word om hulself af te sonder om te bepaal of hulle aan die virus blootgestel is of nie.

“Die munisipaliteit is genoodsaak om hierdie stap te neem om te verhoed dat die virus verder versprei. Ons vra verskoning vir die ongerief.”

Mense kan intussen vullisverwante navrae aan Andrew Mohlala rig by tel. 082 555 4229 of vir hom e-pos stuur na Mohlalaa@belabela.gov.za(.)

Mohlala is tydens munisipale kantoorure (07:30 tot 16:00) beskikbaar.

Related Articles

Back to top button