Local newsNews

Almal soek na hoop, goeie nuus en positiewe mense

Daar was vanjaar genoeg slegte nuus. Mense is uitgehonger vir goeie nuus, goeie raad en mense wat positief is. Andries van der Heyde het by twee inwoners gaan inloer vir boodskappe van hoop.

“Ons het vanjaar ge­leer as die lewe jou ’n suur­le­moen gee, maak jy limonade of kon­fyt,” het Cor­lia Bran­ders, be­ra­der van Bela-Bela, ge­sê.

“Daar is vanjaar gebot­tel, ge­brou, ge­bak en gekook. Daar was die wyn­makers­gil­de en aartap­pel-vod­ka-bri­gade — om van die pynappelbier-vriende nie eens te praat nie. Dit is amper soos die sluime­ren­de rebel in ons wat be­sluit het:

“Vir my sal julle nie onder­kry nie!”

Branders sê die beken­de lied­jie If I could save time in a bottle, kon netso­wel her­skryf geword het na Hope in a bottle.

Sy sê mense se optrede het haar vanjaar baie aan die spensrak herinner. “Marmelade se bitter ­skil kan met ge­noeg sui­ker in ’n ge­sog­te lek­ker­ny ver­an­der.

Die bitter­bek­ke word soe­ter met lag en bid en nu­we vaar­dig­hede. Dan was daar die agurkies,” sê sy.

“Hulle was die suur­knol­letjies wat aanhoudend fopnuus gelees en versprei het.”

Gelukkig was daar ook die kerrie­boon­tjie-mense. Dit is nou hulle wat buite die boks gedink het.

“Hulle is nie altyd gewild nie, maar in hul anders­heid lê daar hoop.”

Heuning-mense was vanjaar haar gunsteling.

“Heu­ning het helende en an­ti­bak­te­rie­se eien­skap­pe. Dit is ’n anti-ok­si­dant wat vry­e ra­dika­le neu­tra­li­seer en na­tuur­like ge­ne­sing vir moe­ë sie­le bring.”

Heuning-mense leef na aan die aarde, sê sy.

“Wan­neer jy moeg is en hoop wil ver­loor, mag jy op­nuut be­sef dat daar hoop en gene­sing is in een­voud, die na­tuur, Skep­per en Sy skep­ping.

Ds. Theuns Kriek van die NG Warm­bad Wes-ge­meen­te, en sy vrou, Hannelie.

Ds. Theuns Kriek, leraar van die NG Gemeen­te Warm­bad-Wes, sê dit is veral vir kinders ’n hoogtepunt om op Oukerskaand ge­sken­ke oop te maak.

“En kom ons er­ken dit maar — ons groot­men­se hou ook van ge­sken­ke.”

Volgens Kriek beteken Kersfees vir Christene gelukkig meer as geskenke.

“Seker die bekendste vers in die By­bel, Joha­nnes 3:16, stel dit só mooi: God het die wê­reld so lief gehad dat Hy Sy enig­ste Seun ge­gee het, so­dat dié wat in Hom glo, nie ver­lore sal gaan nie maar die e­wige le­we sal hê.”

Nog iets wat sino­niem met Kers­fees is, is lig, sê hy. Stra­te, hui­se, Kers­bome en winkelsentrum word pragtig versier met gekleurde liggies.

Daar staan nie verniet in Jo­han­nes 1:9 dat die Wa­re Lig wat elke mens ver­lig na die wê­reld toe kom nie.

“Johan­nes ge­bruik dus twee beel­de wat vir ons die bete­kenis van die koms van Je­sus na die aar­de ver­hel­der: lig en ’n ge­skenk. Wat maak ons daar­mee? Wan­del ons in hie­rdie Lig en aan­vaar ons hierdie Ge­skenk?”

Kriek sê sy gebed is dat almal opnuut en met dank­baar­heid hier­die geskenk sal aanvaar.

Related Articles

Back to top button