Home/News/Local news/Geite en giere… Local newsNews Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? December 14, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die DA in Thabazimbi en Northam het ’n petisie begin om onwettige drinkplekke in die dorp se sentrale sakesektor te stuit. Die DA voer aan dié plekke dra by tot alkoholverwante misdaad, rusversto- ring en oortreding van die Covid-19-reëls. Op die foto vaar van die raadslede die strate van Thabazimbi in om ook die strate op te ruim en te vee. Inwoners wat hul stemme by die petisie wil voeg, kan een van die volgende raadslede kontak: Thane Hearne by tel. 082 322 4588, Tokkie Swanepoel by tel. 083 676 2301 of Ronnie Manyama by tel. 073 918 1562. ’n Groep taxi-bestuurders het op Woensdag 2 Desember verkeer op die R101-pad tussen Bela-Bela en Radium vertraag deur die pad te versper. Volgens sers. Frans Maponya, polisiewoordvoerder, het dié protesaksie gespruit uit verskille tussen taxi-eienaars oor die toekenning van sekere roetes en bewerings dat sommige taxi-bestuurders hulle nie aan die afbakening steur nie. Pendelaars wat van die taxi’s gebruik maak moes noodgedwonge saamrygeleenthede soek om betyds by hul werkplekke te wees. Die polisie het die situasie gemoniteer. Die taxibestuurders het later die oggend weer hul werksaamhede hervat. Jeffrey Muronga (27) wat aangekla word van die moord op Melania Ndacha Ruben (3) van Vingerkraal buite Bela-Bela het op Maandag 7 Desember weer in die Bela-Bela-landdroshof verskyn. Muronga word daarvan verdink dat hy die meisietjie in November vermoor en daarna vir ’n week in die bosse geskuil het om die polisie te ontduik. Lede van die Vingerkraal-gemeenskap het hom glo daar gevind en aangerand. Muronga het sy borgtogaansoek laat vaar en sy saak is uitgestel tot Dinsdag 23 Februarie aanstaande jaar. Hy bly in aanhouding. Die polisie in Modimolle is op soek na Gert Gerhardus Buys (49) wat versuim het om sy laaste hofverskyning by te woon. Buys staan tereg op ’n aanklag van ontvoering nadat hy in 2018 verbind is met die verdwyning van ’n 14-jarige meisie van Modimolle. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat en moes gereeld by sy naaste polisiestasie aanmeld. Hy was teen druktyd steeds soek. Enigiemand met inligting oor sy bewegings word gevra om AO Koos van der Berg te bel by tel. 072 534 5334, of Manie van der Merwe by tel. 082 787 0684. Foto: Verskaf Die Pos het afskeid geneem van Ronel van Jaarsveld wat ses jaar lank ons Modimolle-nuuskantoor behartig het. Sy het in dié tyd diep spore in die joernalistiek getrap en met verskeie benoemings en toekennings weggestap. Sy en haar gesin bly aan in die dorp waar Ronel nou deel van Hoërskool Nylstroom se bemarkingspan word. Sarita Kriek (regs) neem die leisels by haar oor en sal vanaf Januarie Die Pos se nuus in Modimolle hanteer. Foto: Herman Steyn ’n Waarderende gehoor van Modimolle is op Donderdag 3 Desember getrakteer met musiek uit die boonste rakke. Die begaafde pianis en begeleier, Sanet Diamond, verhuis eersdaags saam met haar gesin na Bothaville. Sy en haar kollega van Hoërskool Nylstroom, Alida van Heerden, het die gehoor vir oulaas laat besef dat die platteland bevoorreg is om sulke gehalte uitvoerings te kan bywoon. Die musiek-duo het die afgelope agt jaar by verskeie geleenthede opgetree. Op die foto is Diamond voor die klavier en Van Heerden langs haar met die viool. Die Hanna-liefdadigheids- en bemagtigingsorganisasie van Pretoria het 637 kospakkies aan die Bela-Bela-ondersteuningsgroep voorsien. Pakkies is reeds uitgedeel, maar daar is nog 450 pakkies wat voor Kersfees aan behoeftige gesinne uitgedeel sal word. Behoeftiges in die Bela-Blea-omgewingkan vir Jaco de Jager bel by tel. 071 687 0969. Op die foto by die skenking is David Schabort (Mnr. Suid-Afrika-finalis), Rika Kruger, Stephanie Henning en Jaco de Jager wat gehelp het met die vervoer en verspreiding van die pakkies. Die projek is aangepak onder leiding van Lizal Stander van Pretoria. Die Vroue Landbou-unie se Sonskyn-aandtak in Bela-Bela het op Dinsdag 1 Desember tydens hul Kersfeesete by ’n kuierplek in die dorp hul nuwe bestuur vir 2021 bekend gemaak. Op die foto is Irma Day (voorsitter) en agter staan Lientjie van Wyk (tesourier), Marinda White (sekretaris), Melanie Webb (sameroeper: beoordelaars) en Maria Oberholzer (skakelbeampte). Die Vroue Landbou-unie se Sonskyn-aandtak in Bela-Bela het op Vrydag 4 Desember ’n groot skenking doeke aan Huis Talje, ’n tehuis vir gestremdes in die dorp, gemaak. Op die foto is Cindy de Beer (ontvangsdame by Huis Talje), Irma Day (VLU-voorsitter), Loret Rainer (VLU-lid), Maria Oberholzer (VLU-skakelbeampte) en Alta Niewoudt (maatskaplike werker by Huis Talje). Die nuwe bestuur vir 2021 van die Dameskring in Modimolle is verkies. Hulle is Susan le Roux (voorsitter), Martie Hattingh (tesourier), Riana Viljoen (sekretaris), Anni Niewenhuis (ondervoorsitter) en Linette Smit (addisionele lid). Rex Bonette en Jo-Anne Wolmarans van Bela-Bela is op Saterdag 5 Desember in die huwelik bevestig. Die bruilof is by Shangri-La- Hotel en Spa buite Modimolle gehou. Rex is by Walt Landgoed buite die dorp betrokke en Jo-Anne werk by Numeri Rekenmeesters. Die paartjie is vir ’n welverdiende vakansie na die Marakele-natuurreservaat buite Thabazimbi. Foto: Herman Steyn Jansen Loubser en Amorie Rudolph, albei oud-Warries is onlangs getroud. Dié twee jong ingenieurs is van skooldae af ’n paartjie. Hul bruilofsfees was op Saterdag 21 November by die Dinokeng-wildplaas tussen Bela-Bela en Pretoria. Die twee jongmense het hul reeds in Pretoria gevestig. Amorie is die dogter van André en Christien Rudolph en Jansen die seun van wyle Willie en Rykie Loubser — almal voorheen van Bela-Bela. Foto: Simply Capture At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! You can read the full story on our App. Download it here. December 14, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print