Local newsNews

TLU waarsku landbouers oor nuwe loon­ver­hogings

Boe­re staar nuwe uit­da­gings in die ge­sig indien die parlemen­têre mini­mum­loonkom­mis­sie die aanbevelings aanvaar om die minimumloon van plaaswerkers te verhoog.

TLU SA het kapsie gemaak oor die minimumlone wat on­langs in die Staats­koe­rant gepu­bli­seer is. Die pu­bliek word ver­soek om kommen­taar op die voorgestelde loonstruktuur te lewer.

Daar word voorgestel dat plaas- en huiswer­kers se minimum­lone aan­ge­pas moet word so­dat dit ooreen­stem met wat wer­kers in ander sek­tore be­taal word.

Die aan­pas­sing sal 1,5% meer wees as die infla­sie­koers.

Henk van de Graaf, TLU Noord­streek-voor­sitter, het in reak­sie ge­sê die feit dat die gra­de­rings­a­gent­skap, Moody’s en Fitch, die land se kre­diet­grad­ering verder afgeskaal het, is nie goeie nuus vir die landbou­gemeen­skap nie.

Een van die kri­te­ria wat tot ver­dere afgra­de­ring ge­lei het, was die onbuig­saam­heid van ons land se arbeidsmark.

“Tal­le boe­re kla reeds dat hul­le sukkel om sei­soe­na­le voor­skotte te kry weens die Land­bank wat nie pres­teer nie en daar­om het die land­bou­bedryf dring­end nu­we be­leg­gers no­dig. Die afgra­de­rings plaas ’n dem­per daar­op,” het Van de Graaf ge­sê. “Die presiese minimumloon is nog nie bepaal nie, maar dit is ’n feit dat landbouers erg daardeur geraak sal word.”

Hy het voorts ge­sê die begin­sel van ’n afdwing­bare minimum­loon ­druis teen die vrye­markbegin­sels in en dat selfs ar­bei­ders ’n on­reg aange­doen kan word.

Onder­han­de­linge tus­sen werk­ge­wers en werk­ne­mers sal moet plaasvind indien die beleid toegepas word. Indien werk­ne­mers in­stem tot ’n klei­ner sala­ris is die kanse groot dat die werk­gewer ver­volg kan word. Werkgeleenthede sal afneem en werkloosheidsyfers sal verder die hoogte inskiet­, het hy ge­sê.

“Boe­re is afhanklik van pryse wat die mark be­reid is om vir hul­le produk­te te bied. Aan die an­der kant word die ar­beids­mark streng ge­re­gu­leer en boe­re sal nie die verhoog­de kos­te kan dra nie.” Van de Graaf voor­spel dat boer­dery wat ge­bruik maak van sei­soe­na­le ar­beid (soos die vrug­tebe­dryf) die erg­ste ge­raak sal word. “Boe­re wat reeds geme­ga­niseer het, het vroe­ër getuig dat dit geldelik sin maak. Met die maan­de­lik­se salaris­reke­ning wat nou nog hoër kan word, kan die bespa­ring op ar­beid nu­we toe­rus­ting finansier. Pro­duk­tiwi­teit word ver­hoog deurdat werksaamhede nie onderbreek word weens loonsgeskille nie,” het hy ge­sê.

Kom­men­taar op die beoog­de wetge­wing kan ge­rig word aan die kom­mis­sie deur dit te e-pos na Unathi.Ramabulana@labour.gov.za(.) Mense kan ook met TLU in ver­bin­ding tree.

“Ek wil tog be­klem­toon dat boe­re nou al som­me moet be­gin maak en vroeg­ty­dig be­gin met gebeur­lik­heids­plan­ne wat selfs afleg­gings kan in­sluit. Moenie wag totdat dit te laat is nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button