Local newsNews

Skou geknou, maar babakompetisie steeds gehou

Die baba- en kleuterkompetisie by die Thabazimbi-skou is al jare lank ’n hoogtepunt op die dorpskalender.

“The Show Must go on!” lui die bekende slagspreuk.

En dit is presies hoe inwoners van Thabazimbi gevoel het toe hul jaarlikse skou vanjaar weens die Covid-19-pandemie gekanselleer moes word.

Die baba- en kleuterkompetisie by die Thabazimbi-skou is al jare lank ’n hoogtepunt op die dorpskalender.

Die bestuur van die apteekgroep wat jaarliks met dié skou gemoeid is, het besluit dat hulle steeds die ouers van Thabazimbi die geleentheid wil gee om ’n bietjie met hul kleingoed te spog.

Die formaat van die kompetisie moes aangepas word om by Covid-19-riglyne te hou. Aangesien die inperkingsregulasies bepaal dat geen foto’s in ateljees geneem mag word nie, het die organiseerders besluit om die kompetisie op sosiale media te loods.

Ouers het die geleentheid gehad om pretfotos van hul kinders te plaas. Die enigste voorwaarde was dat die foto’s natuurlik moes wees en nie gemanipuleer is nie.

Daar was tien verskillende kategorieë in verskillende ouderdomme met ’n wenner in elke kategorie.

Die beoordelaars het ook ’n algehele wenner aangewys. Dit was egter nie ’n maklike taak nie en die beoordelaars het deur ’n magdom inskrywings gesif.

Marnus de Klerk van Thabazimbi het die afdeling vir seuns van 24-36 maande gewen. Hy het ook die stof in die oë geskop van die ander deelnemers toe hy as algehele wenner aangewys is.

Al die wenners het groot geskenkpakke met produkte ontvang.

  • Die ander kategoriewenners was Orategile Madira, Rohan van Wyngaard, Leamy van der Merwe, Jurgens Pieterse, Mi-Anke Balani, Amoré Jordaan, Duncan Swanepoel, Kara du Plessis en Juwan van der Merwe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button