Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die Bosveld spog met van die mooiste voëlspesies. Op die foto is ’n swartkeel­geel­vink druk besig om nuwe bouplanne uit te voer aan die nes wat hy naarstigtelik gebou het om sy “vroutjie” gelukkig te hou. Dié voëlsoort kom gereeld in tuine in die Bosveld voor. Die foto is in ’n Bela-Bela-dorpstuin geneem. Foto: Herman Steyn

 

Dié gelukkige paartjie wat op Saterdag 28 November in Bela-Bela in die huwelik bevestig is, is Surine Janse van Vuuren en DJ Roux. Surine is ’n oud-Warrie en die dogter van Paul en Cathryn Jansen van Vuuren, bekende inwoners van die dorp. DJ is ’n jong boer van die Roedtan-omgewing en was in Hoërskool Hans Strijdom op skool. Die jong egpaar vestig hulle op die Koro Creek-gholflandgoed buite Modimolle. Foto: Twin Productions.

 

Die Waterberg is lowergroen nadat goeie buie reën die afgelope twee weke oor groot dele van Die Pos se lesersgebied uitgesak het. Dié foto is op Maandag 30 November in Bela-Bela naby die munisipale kantoor geneem toe daar laatmiddag weer ’n harde bui reën geval het. Voertuie het teen slakkepas deur die afvoerwater in die straat gery. Foto: Herman Steyn

 

Al voel die toe­risme­be­dryf nog die nagevolge van die Co­vid-19-pande­mie, ver­dien die or­ga­niseer­ders van die Hankook Land Cruiserfees, wat die afge­lo­pe na­week by die Son­de­la-na­tuur­re­ser­vaat buite Be­la-Be­la aan­ge­bied is, ’n klop op die skou­er. Land Cruiser-eie­naars van reg­oor die land daag jaar­liks by die fees op om die be­staan­de Afrika-re­kord van 523 Land Cruisers op een plek te probeer ver­be­ter. Dit was eg­ter nie van­jaar die geval nie. Daar het vanjaar 286 Land Cruisers aan die optog deelgeneem. Dit was vir die fees­gang­ers ’n welkome wegbreek en hulle het die Bosveld terdeë geniet. Op die fo­to is ’n hele aantal klas­sie­ke Toyo­ta Cruisers wat by die fees ver­toon is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button