Local newsNews

Pretoria-jagter dood ná skoot

Wat ’n ont­span­ne tyd in die jag­veld moes wees, het ver­le­de week in ’n tra­ge­die vir drie jag­ters ont­aard.

’n Vyf­tig­­ja­­r­ige man is glo per on­ge­luk deur een van sy vrien­de geskiet toe hy ty­dens ’n jag­tog aan­ge­sien is vir die ge­kwes­te koe­doe waar­na hul­le ge­soek het.

Kol. Moatshe Ngoe­pe, pro­vin­sia­le woord­voer­der, het aan Die Pos ge­sê die mans het op Don­der­dag 19 No­vem­ber op ’n plaas in die Mook­go­phong-om­ge­wing ge­jag.

Hul­le het die spo­re van ’n ge­kwes­te koe­doe ge­volg en het ’n afstand uit mekaar na die dier gesoek.

Een van die jag­ters het glo ge­dink dat ’n be­we­ging in die bos die koe­doe was en het ’n skoot afgevuur en sy vriend getref. Die man, wat glo van Pre­to­ria af­kom­stig is, is op slag dood.

Die po­li­sie het nog nie sy naam be­kend ge­maak nie en ver­de­re be­son­der­he­de is nie be­kend nie.

Vol­gens Ngoe­pe on­der­soek die po­li­sie die voorval.

Related Articles

Back to top button