Local newsNews

Inwoners welkom by Leeupoort se jaarlikse Geloftefeesvieringe

Die agste jaarlikse Geloftefeesvieringe word op Woensdag 16 Desember by die Leeupoort-vakansieoord aangebied. 

Soos vorige jare sal die byeenkoms weer in die woonwapark se saal aangebied word.

 

Louis Scott, geskiedskrywer en motiveringspreker, tree saam met ds. Greyling op.

 

Die geriewe is die afgelope jaar pragtig verbeter en daar is genoeg sitplek vir besoekers en inwoners.

Die diens sal om 09:00 begin en word vanjaar waargeneem deur ds. Johan Greyling van die Hervormde-gemeente Magaliesburg. Greyling is etlike jaar al op die bestuur van die Paardekraal Geloftefees in Mogale City (Krugersdorp) waar duisende feesgangers jaarliks saamtrek.

Die gasspreker op hierdie geleentheid is die motiveringspreker Louis Scott. Hy is verbonde aan Hoërskool Pietersburg in Polokwane en sal die verhaal van die Slag van Bloedrivier vertel. Hy is die outeur van die boek Hel Toe en Terug — Die Eerste Wêreldoorlog, ’n honderd jaar later.

Inwoners van naburige dorpe is welkom om die Geloftefees by te woon.

Vir navrae bel vir Pieter Bodenstein by tel. 082 410 1655.

Related Articles

Back to top button