Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg

Die jong soettande in Modimolle moet op die uitkyk wees vir Kersvader wat lekkergoed uitdeel. Dié Kersvader ry met ’n blou vuurwa en het ’n span werkertjies wat hand bysit. Berlané Kotze het met die hulp van inwoners wat lekkergoed geskenk het, vir spontane glimlagte op ’n klompie kinders se gesigte gesorg. Kersvader deel weer op Vrydag 27 November in Modimolle se woongebied lekkergoed uit. Kinders moet wakker wees in die Boshoffstraatomgewing en naby die polisiestasie. Inwoners wat lekkergoed wil skenk, kan vir Kotze bel by tel. 081 095 1873. Op die foto is Costa Dalcos, Abigail Pereira, Nicole Pereira, Qi’hara-Lee Kotze en Berlané Kotze.

 

Die werkers van die Bela-Bela-munisipaliteit wat op Dinsdag 17 November tot verbygangers en inwoners se verbasing — en die omliggende sakepersele se dankbaarheid en verligting — begin het om die eiland op die hoek van Pretoria- en Minnaarstraat op te ruim. Onwettige houtstropers het geruime tyd gelede begin om bome op dié eiland te plunder en vullis is maande laas daar verwyder. Sakelui kla ook dat mense die eiland as toilet gebruik.

Related Articles

Back to top button