Local newsNews

Limpopo steeds laagste virussyfers

Die bedreiging wat die Covid-19-virus inhou is nou laer as vroeër vanjaar, met Limpopo wat telkens een van die provinsies is waar die minste nuwe gevalle aangemeld word.

Die bedreiging wat die Covid-19-virus inhou is nou laer as vroeër vanjaar, met Limpopo wat telkens een van die provinsies is waar die minste nuwe gevalle aangemeld word.

Die virus het egter nog glad nie verdwyn nie en inwoners word steeds gemaan om op hul hoede te bly en voorsorgmaatreëls te tref.

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

Bela-Bela het volgens syfers wat deur die provinsiale departement van gesondheid uitgereik is, teen Maandag 2 November slegs een aktiewe geval gehad. Die syfers toon dat 305 mense in dié omgewing tot dusver die virus opgedoen het en sewe mense daaraan gesterf het.

In Thabazimbi is daar volgens syfers tans 31 aktiewe gevalle met 1 923 gevalle en 19 sterf- tes wat tot dusver aangeteken is. Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het die afgelope twee weke heelwat gevalle aangeteken.

Teen Maandag was daar 39 aktiewe gevalle. Daar het tot dusver 746 mense positief vir die virus getoets en 13 het gesterf, aldus die departement.

In Lephalale was daar 68 aktiewe gevalle van Covid-19 uit 812 gevalle wat tot dusver aangeteken is.

Daar was sewe sterftes. In Mokgalakwena (Mokopane) was daar 20 aktiewe gevalle uit 335 positiewe gevalle. Daar het 21 mense in dié munisipaliteit gesterf, sê die departement.

Die Waterberg-distrik is, naas die Capricorn-distrik, waaronder Polokwane val, die ergste deur die virus geraak. Waterberg het 4 121 gevalle aangeteken en Capricorn 5 763.

Polokwane het die meeste gevalle (4 846) aangeteken, waarvan 76 steeds aktief is. Die stad se sterftesyfer staan op 161. Limpopo het lig daarvan afgekom. Die provinsie het volgens die nasionale departement van gesondheid die minste (17 650 gevalle) teen Maandag 2 November aangeteken.

Ander provinsies wat ook minder geraak is, is die Noord-Kaap met 22 039 gevalle en Mpumalanga met 29 901 gevalle. Dié syfers is in kontras met die Wes-Kaap (117 648) en Gauteng (229 040).


Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button