Local newsNews

Boere stuur vragte voer Vrystaat toe

Altesame 13 vrag­mo­tors, swaar ge­laai met voer, het op Don­der­dag 29 Ok­to­ber van­uit Modi­mol­le ver­trek op­ pad na die swart­ver­bran­de Vry­staat.

Ver­woes­ten­­de bran­de het ver­le­de week na ra­ming so­wat 130 000 ha wei­ding in die Wes-Vry­staat verwoes.

Dit sluit dor­pe soos Hert­zog­vil­le, Bos­hof, Hoop­stad, Deales­ville en Bult­fon­tein in. Hon­der­de die­re moes van kant ge­maak word na­dat hul­le be­seer is in die bran­de.

Die so­wat 500 le­de van die Modi­mol­le Brand­be­stry­dings­ver­eni­ging (FPA) het be­sluit om hul han­de diep in hul sak­ke te steek en voer te stuur aan die brand­be­stry­dings­vereni­ging in Bos­hof.

“Daar­die boe­re het ’n sleg­te jaar ag­ter die blad,” het Wil­lem Crause, ope­ra­sio­ne­le brand­be­stuur­der van die FPA, ge­sê. “Eers het snot­siek­te onder hul die­re uit­ge­breek en daar­na het Covid-19 die land getref. Nou het die bran­de boon­op groot ska­de veroorsaak.”

Boe­re in Modi­mol­le het vol­gens Crause ’n goeie jaar son­der groot bran­de gehad.

“Ons het uit­ge­reik en ons le­de ge­vra of hul­le wil help en hul­le het da­de­lik in­ge­spring en voer geskenk,” het hy ge­sê.

Bene­wens die 13 vrag­mo­tors wat die vrag op Vry­dag 30 Ok­to­ber af­ge­laai het, is daar ook twee ton kos vir huis­hou­de­like ge­bruik ge­skenk.

“Ons het met die hulp van die FPA in Bos­hof die voer by ’n vul­sta­sie in Warrenton ver­sprei. Dit was ’n hart­seer dag. Van die boe­re wat ver­tel het hoe hul­le deur die bran­de ge­raak is, het ge­huil. Van hul­le wat 10 000 ha ge­had het, het net 1 000 ha oor wat nie ge­brand het nie. Dit was baie emo­sio­neel,” het Crause ge­sê.

Wal­ter Doubell, voor­sit­ter van die Modi­molle FPA en die raad, wil graag elk­een van hul le­de wat inge­spring het om te help, van harte be­dank.

“Ons sou graag elk­een wou noem. JP van Bil­jon van Vander­bijl­park het die ver­voer van die vrag ge­skenk. Jo­han Croukamp en Willem van Bil­jon, albei van Modi­molle, as­ook Water­berg Toyota, het ons baie ge­help om die vrag daar te kry,” het Crau­se ge­sê.

Die FPA beplan om nog ses vragte in die komende week Vrystaat toe te stuur.

Related Articles

Back to top button