Local newsNews

Só het historiese Modimolle-huis gelyk

Die Pos het onlangs berig oor die eeuoue huis in Kerkstraat, Modimolle, wat gerestoureer is en deesdae die Kranskop Dierekliniek se nuwe praktyk huisves.

Navrae oor die geskiedenis van die huis het verskeie interessanthede oor die dorp se vroeë bestaan opgelewer.

 

 

Die huis het aan Pieter, Andries en Marius van Niekerk, wat steeds in die omgewing woon, se oupa Pieter Wynand le Roux van Niekerk behoort.

Hy het ná sy vrylating ná die 1914-rebellie daar ingetrek. Hy het voor die rebellie as plaasbestuurder op ’n plaas in die omgewing van Eersbewoond gewerk, maar die plaaseienaar het hom nie toegelaat om terug te keer nadat hy gevange geneem is nie. (Die rebelle het in opstand gekom teen die Unie van Suid-Afrika se besluit om aan die kant van Brittanje tot die Eerste Wêreldoorlog toe te tree.)

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

 

Issie van Niekerk, vrou van P.W. Le Roux van Niekerk, sit op die voorstoep van die ou huis. Die foto’s dateer uit die 1930’s.

 

Die Van Niekerks se niggie, die bekende skrywer Erika Murray Theron, het op versoek haar fotoalbums gaan deurblaai en op oorspronklike foto’s van die ou huis afgekom en met Die Pos gedeel. Sy skryf in haar boek ’n Skerfie Glas oor haar ouma Issie (gebore Malherbe) en ’n deel van haar tyd in dié huis.

Haar oupa PW Le Roux van Niekerk was Lid van die Volksraad vir die Waterberg en het vir baie jare as senator gedien.


Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button