Local newsNews

Polisie en boere praat oor samewerking

Hoog­ge­plaas­te poli­sie­beamp­tes en le­de uit die boer­de­ryge­meen­skap in die Water­ber­g het op Don­der­dag 22 Ok­to­ber by Castle de Wildt bui­te Mo­di­mol­le vergader om plaas­vei­lig­heid te be­spreek.

“Ons wil nie hê dat hier ’n Sene­kal-ge­beur­te­nis in ons pro­vin­sie af­speel nie en daar­om het ek ge­vra om met die boer­de­ryge­meen­skap te ver­ga­der,” het genl.maj. Jan Scheepers, pro­vin­siale po­lis­ie­kom­mis­saris van sig­bare po­lisië­ring, gesê, “Dit is be­lang­rik dat ons al­mal saam­werk.”

Die klem van die ver­ga­de­ring was dat die po­li­sie en boe­re ’n ver­enig­de front teen mis­daad moet vorm in­dien hul­le mis­da­di­gers wil stuit. Genl.maj. Ro­si­na Mu­laudzi, kol. Mar­tin van Sta­den, asook Douw Pel­ser en Steven Ver­maak van die lan­de­like vei­ligheid-taakspan en Ger­hard Visser van die Wa­ter­berg-lan­de­like vei­lig­heidspan, was ook teen­woor­dig.

“Ons het ver­hou­dings met die po­li­sie en or­ga­ni­sasies soos die Fire Prevention Association (FPA) ver­ste­wig om saam as ’n span te werk. Ons het ’n ge­meen­skap­li­ke vyand,” het hy gesê. “Ons is die oë en ore van die ge­reg. Ons moet ons eie ego op­syskuif en saam­werk,” het Scheepers gesê.

Scheepers het ’n be­gees­ter­de plei­dooi vir same­wer­king gelewer.

“Elke keer as daar ’n aan­val in ons ge­bied is, voel ek asof ek ge­faal het. Kri­mi­nele is suk­ses­vol om­dat ons ver­deeld is. Ons kan nie aan­hou om so in vrees te leef nie. Ons moet se­ker maak dat ons po­si­tie­we stem­me ge­hoor word. As ons aanhoudend nega­tief is, smoor ons die jonger ge­slag se drome vir die toe­koms. Hul­le wil nie meer boer nie. Ons moet dink aan die emo­sio­nele im­pak wat ons nega­tiwi­teit op hul­le het,” het hy ge­sê. “Son­der die boer is daar geen pap óf braai nie.”

Hy het bena­druk dat sterk leier­skap no­dig is en dat boe­re nie die lan­de­like vei­lig­heids­planne slegs in die han­de van die po­li­sie moet laat nie.

“Ek het ver­teen­woor­digers van die boe­re no­dig. Ons het kon­ti­nuï­teit no­dig, want polisie­beamp­te kan verplaas word,” het hy ge­sê.

Ver­teen­woor­di­gers van boer­de­rye van so ver as Tol­we, Sterk­ri­vier, Thaba­zimbi, Bela-Bela, Mook­go­phong, Gro­blers­dal en Mat­la­bas het vrae geop­per.

Die ver­ga­­dering het met tye he­ftig ge­raak toe van die boe­re ant­woor­de wou hê op vrae soos die hoe­veel­heid voer­tuie wat die poli­sie be­skik­baar het om pla­se te be­dien en hoe­kom lede van die EFF nie aan­ge­keer word op klag­tes van aan­hit­sing tot ge­weld nie.

Van die boe­re wou weet hoe kri­mi­nele ele­mente in die po­li­sie han­teer word en hoe­kom hul­le geen terug­voer kry wan­neer hul­le sa­ke aanmeld nie. Iemand wou weet waar­om daar nie meer reser­viste van­uit die boer­de­ryge­meen­skap­pe aan­ge­stel word om die po­li­sie se hand te versterk nie.

Scheepers het boe­re ont­moe­dig om reg in eie han­de te neem. “As jul­le nie bin­ne 14 dae terug­voer ont­vang oor ’n saak nie, neem dit ver­der.

“Lim­popo is ver voor an­der pro­vin­sies wat hul lan­de­like vei­lig­heidsplanne betref. So­dra ons saam met die boer­de­ryge­meenskap­pe be­gin werk, sien ons ’n af­na­me in mis­daad.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button