Local newsNews

Optog teen plaasaanvalle

Honderde mense het die afgelope naweek hul stemme in die Waterberg dik gemaak teen gewelddadige plaasaanvalle.

Die Pos berig gereeld oor grusame aanvalle en moorde op plase in ons omgewing.

’n Ry voertuie, wat bykans die hele hoofstraat van Modimolle beslaan het, het op Sondag 25 Oktober in gelid vanaf die ModiMall na Castle de Wildt buite die dorp gery.

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

Groot vragmotors, motorfietse, perderuiters en ander voertuie met baniere en kruise was deel van die optog.

Verbygangers het in meelewing hul voertuie se toeters gedruk. Ook in Mookgophong het inwo- ners en boere ’n vreedsame optog gehou om hul ontevredenheid met die situasie en medelye met slagoffers te toon.

Perderuiters, vragmotors, motorfietsryers en ander voertuie aan die optog deelgeneem.

Deelnemers het om 10:30 by die Elders-veilingskrale byeen gekom en daarna in ’n konvooi deur die dorp gery.

Die optoggangers is deur lede van die verkeersdepartement begelei tot by die munisipale kantoor waar ds. André Botha van die NG-kerk Naboomspruit uit die Bybel gelees en gebid het. Twee wit houtkruise is daarna geplant ter herinnering aan die slagoffers van plaasaanvalle.

“Daar was geen politieke organisasie met bymotiewe betrokke nie. Ons het as gemeenskap saamgestaan om die probleem aan te spreek,” het Rosa van Loggerenberg, wat dié optog gereël het, gesê.

Sy het deelnemers en borge bedank vir hul bydrae tot dié vreedsame optog.

In Vaalwater het meer as 30 voertuie aan die optog deelgeneem met perderuiters en trekkers wat die pas aangegee het. Polisievoertuie het hulle begelei. Die voertuie het plakkate met boodskappe wat teen plaasaanvalle gekant is, vertoon.


Baie dankie aan André Kock en Seun sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button