Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Verteenwoordigers van Wildbedryf SA (Wildlife Ranching SA) het verlede week ’n bedryfskamervergadering buite Bela-Bela gehou. Belanghebbendes in die wildbedryf het groot baat gevind by die inligtingsessie oor die toekoms van die wildbedryf. Die organiseerders het na afloop van die vergadering heerlike disse aan Huis Tekna geskenk. Op die foto staan twee dankbare personeellede, Naomi Moima en Maritha Molapo, met die kos.

 

Tienie (81) en Fanie (82) van Zyl van Modimolle het op Sondag 11 Oktober hul 60ste huweliksherdenking saam met hul vyf kinders in Pretoria gevier. Die Van Zyl-egpaar het 30 jaar op ’n plaas teen die Driefontein-pad geboer en was van die eerste boere in die omgewing wat perskes uitgevoer het. Hulle het daarna vir 22 jaar in ’n huis in die dorp gewoon voordat hulle na die Waterberg Residentia-tehuis vir Bejaardes verhuis het. Fanie het veral onder inwoners bekend geword vir die vrugte wat hy by die Kokanje-aftreeoord en oorkant Hoërskool Nylstroom verkoop het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button