Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Jurie van Staden van Bela-Bela het op Maandag 12 Oktober sy 80ste verjaardag gevier. Sy familie het vir hom die afgelope naweek ’n spesiale geleentheid in Pretoria gereël en hom met ’n heerlike koek met die familiewapen op bederf. Van Staden en sy vrou, Bets, woon al 25 jaar in die dorp. Hy het sedert 1997 ’n ingenieursfirma in die dorp bestuur, maar moes weens gesondheidsredes aftree. Die familie is dankbaar dat hy hierdie mylpaalouderdom kon bereik. Op die foto is Van Staden by die unieke koek tydens die verjaardagviering.

 

Die Afrikaanse Protestante Kerk (AP-kerk) in Be­la-Be­la het op Sa­ter­dag 10 Ok­to­ber ’n pot­jie­kos­kom­pe­tisie by ’n kuierplek buite die dorp aan­ge­bied as deel van die kerk se fonds­in­sa­me­lings­pro­jek. Tien span­ne het in­ge­skryf. Groot pry­se was op die spel. Die al­ge­he­le pot­jie­kos­wen­ner was die ­span met Wil­lie Claas­sens en Ja­co de Ja­ger wat ’n smaak­li­ke ker­riepot voor­be­rei het. Op die fo­to is die span wat die bes­te span­gees ge­had het. Hulle is Keanu O­den­daal, Christian Heuer, Jo­han Jan­se van Rens­burg saam met ds. Pie­ter Ma­lan, AP-kerk­le­raar ty­dens die prys­uit­de­ling.

 

Lede van die Rhino Pride Foundation in Bela-Bela het sekelboshout gratis as ’n liefdadigheidsveldtog aan inwoners van die plaaslike gemeenskap beskikbaar gestel. Die skenking het verskeie gesinne in staat gestel om kos op die tafel te plaas. Op die foto is DA-raadslid Frans Mothokwa wat gehelp het om die hout aan behoeftige gesinne te versprei by dr. Jana Pretorius, veearts en stigter van die Rhino Pride Foundation, en Rachel Masemola, DA-raadslid.

 

Inwoners van Bela-Bela het die afgelope week verskeie plakkate by openbare plekke gesien wat aandui dat dié omgewing ’n brandpunt (“hotspot”) vir die Covid-19-virus is. Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, het egter by navraag aan Die Pos gesê die plakkate word oral in die land opgesit om mense daaraan te herinner om steeds by die voorsorgmaatreëls te hou. Hier staan hy by die plakkaat wat by die hoofgebou van die Bela-Bela-munisipaliteit aangebring is.

 

Warmpatat: ’n Vervoerkontrakteur wat op Woens­dag 7 Ok­to­ber ’n duur he­likop­ter ver­voer het, het groot teëspoed beleef toe die sleepwa met die kosbare vrag by die sirkel in Chris Hanistraat in Bela-Bela omgeslaan en die helikopter beskadig is. Die heli­kop­ter was na verneem word bestem vir ’n kliënt in die wildbedryf. Geen ander voer­tuig was in die on­ge­luk be­trok­ke nie. Vol­gens die poli­sie is geen ongeluks­ver­slag ge­o­pen nie en die to­neel is vinnig op­ge­ruim en die pad weer vir die druk naweekverkeer oopgestel.

Related Articles

Back to top button