Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die NG-Moedergemeente in Bela-Bela nooi inwoners om op Saterdag 17 Oktober heerlik saam te kuier met die dinamiese gasspreker Lindie Strydom (van Eeden). Die verrigtinge begin om 09:30 en word in die kerksaal in Mentzlaan aangebied. Kaartjies kos R100 per persoon en sluit ’n heerlike ontbyt in. Bespreek by Patrys by tel. (014) 736 2788. Covid-19-veiligheidsmaatreëls sal gehandhaaf word. Foto: listennotes.com

 

Inwoners van Bela-Bela se oë het op Maan­dag 5 Ok­to­ber ge­rek toe die po­li­sie voor Pie­ter Wag­ner-eien­dom­me in Chris Ha­nistraat ’n voer­tuig van die pad getrek het en dit gelyk het asof die insittendes in heg­te­nis ge­neem word. Inwoners is op hul hoe­de nadat verskeie rooftogte die afgelope paar weke by sake­per­se­le in die sentrale sakesektor aangmeld is. Die Pos is ingelig dat die jongste optrede deur die Nor­tham-po­lisie uitgevoer is. Die be­trok­ke beamp­tes het na bewering lei­dra­de opgevolg wat verband hou met ’n roof­tog in die Nor­tham-ge­bied. ’n Woord­voer­der van die Nor­tham-po­l­isie het aan Die Pos gesê die insittendes is slegs ondervra en daarna weer vrygelaat. Foto: Verskaf

 

TLU SA se Noord­streek het ein­de Sep­tem­ber ty­dens die TLU-jaar­kon­gres af­skeid ge­neem van Louis Mein­tjes, wat die af­ge­lo­pe ne­ge jaar pre­si­dent van TLU SA was. Hy word op­ge­volg deur Hen­ry Gel­den­huys wat voor die kon­gres as ad­junkpre­si­dent op­ge­tree het. Mein­tjes het sedert 1989 diep spo­re in die boere­ge­meen­skap getrap en boer nog in die Cul­li­nan-om­ge­wing. Hy is op die kon­gres vir sy dina­mie­se leier­skap ve­reer. Op die fo­to is Henk van de Graaf (regs), huidige voorsitter van die Water­berg DLU en nuutverkose voor­sit­ter van TLU SA Lim­popo. Hy oorhandig ’n oorkonde aan Mein­tjes (links). Erika Meintjies is in die agtergrond.

Related Articles

Back to top button