Local newsNews

En toe word ons baie dors …

Die polisie moes bontstaan om diefstal van die vrag te verhoed.

’n Skare nuuskieriges is op Sa­ter­dag 3 Okto­ber gelok toe ’n trok se sleepwa met ’n vrag bier daarop na­by die Bela Mall bui­te Be­la-Be­la omgeslaan het.

Vol­gens kapt. An­ne­ma­rie Smith, speur­tak­hoof van die Be­la-Be­la-po­li­sie, het die on­ge­luk on­ge­veer 06:55 die og­gend plaas­ge­vind.

Die bestuurder van die trok wou glo van die pad trek, maar het hom misgis met die skuins helling van die skouer van die pad waar die terrein baie ongelyk is. Die sleepwa, wat met Hansa-bier gelaai was, het daarna omgeslaan, het sy gesê.

Geen ander voertuig was in die ongeluk betrokke nie en die bestuurder was ongedeerd. Tal­le voer­tuie en ’n klein skare men­se was bin­ne minu­te op die to­neel. Die po­li­sie en nood­diens­te het die onge­luks­to­neel opgeruim, maar die polisie moes intussen bontstaan om diefstal van die vrag te verhoed.

Smith het ge­sê totdat ’n vragbrief vir aflewering geteken is, bly die produkte op so ’n vragmotor die eiendom van die brouery en kan mense wat die vrag sonder toestemming verwyder, van diefstal aangekla word.

Die onder­ne­ming het egter later die oggend telefonies toe­stem­ming verleen dat be­dor­we pro­duk­te deur omstanders verwyder mag word waarna dit enkele minute geduur het voordat al die bier weg was.

Nooddienspersoneel en die polisie het deurentyd wet en orde op die toneel gehandhaaf en die verkeer laat vloei, het Smith ge­sê.

  • Ingevolge vlak 1 van die Co­vid-19-regulasies mag drank­win­kels slegs van Maan­dae tot Vry­dae van 08:00 tot 17:00 drank aan die pu­bliek ver­koop.

    Res­tau­ran­te en ge­li­sen­sieer­de plek­ke waar kliënte drank op die per­seel mag ge­niet, kan ingevolge die nuwe reëls elke dag van die week drank ver­koop.

    Kliën­te mag slegs bin­ne die per­seel alkohol verbruik. Geen ondernemings mag drank ná middernag verkoop nie.

Related Articles

Back to top button