Local newsNews

Is Mnr. SA dalk wéér van hier?

Twee plaaslike manne staan tans in die ry as finaliste vir mnr. Suid-Afrika.

Adriaan Bergh (links), ’n oudleerder van Hoërskool Warmbad wie se ouers steeds op die dorp woon, het dié dorp baie trots gemaak toe hy in 2011 as Mnr. Suid-Afrika aangewys is.

Bergh is getroud met Melinda Bam, wat dieselfde jaar as Mej. Suid-Afrika aangewys is.

Vanjaar is daar nie minder nie as twéé plaaslike manne onder die toptienfinaliste. Danny Doman (25) van Modimolle (regs) is ’n omroeper, berader en jeugpredikant en David Schabort (middel), was verlede jaar in matriek in Hoërskool Warmbad.

Die kroning sal na verwagting tussen Maandag en Woensdag, 19-21 Oktober, plaasvind.

Related Articles

Back to top button