Local newsNews

Thabazimbi-inwoners hartseer oor oudinwoner se dood

’n Jarelange inwoner van Thabazimbi, Shirley Lotheringen, is in die vroeë oggendure van Maandag 14 September oorlede nadat sy die afgelope vier jaar in ’n tehuis in Pretoria vir alzheimersiekte versorg is.

Sy was getroud met Daan Lotheringen, wat tot sy aftrede uit die onderwys, as Afrikaanse onderwyser en adjunkhoof aan Hoërskool Frikkie Meyer verbonde was.

Shirley en Daan is op 9 Januarie 1960 in Lichtenburg getroud. Vier kinders, naamlik Durette, Cobus, Francois en Hannelie is uit die huwelik gebore.

Nadat Daan ’n oorplasing na Hoërskool Frikkie Meyer aanvaar het en hulle na Thabazimbi verhuis het, het sy vir ongeveer 18 jaar vir JF van Graan en Van der Wateren Prokureurs gewerk.

Shirley word oorleef deur haar man, Daan, vier kinders, nege kleinkinders en een agterkleinkind.

’n Gedenkdiens is op Maandag 21 September om 11:00 vanuit die NG Kerk Stellastraat, Waterkloof, Pretoria, vir Shirley gehou.

Related Articles

Back to top button