Local newsNews

AfriForum plant bome landwyd

AfriForum-takke landwyd het nie minder nie as 2 500 bome geplant as deel van boomplantmaand.

Volgens AfriForum se bestuurder vir omgewingsake, Lambert de Klerk, is dié projek deel van ’n poging om die toekoms vir jonger generasies te verseker.

“Mense oor Suid-Afrika heen vier Boomplantdag op 1 September, maar AfriForum wil die hele September aan die plant van bome wy.”

Altesame 140 AfriForum-takke dwarsoor die land sal poog om in hierdie doelwit te slaag.

“Dit is belangrik om te weet dat ons die begin van lente en ook ’n nuwe begin met so ’n projek kan vier. Dit gee ’n mens moed vir die toekoms om ’n boom as simbool van oorlewing, te plant. Ons kan oor tien jaar terugkyk en sê: Ons het 2020 en Covid-19 oorleef.”

AfriForum se Thabazimbi-tak het vyf bome aan Laerskool Thabazimbi geskenk en die bome saam met die hoof en leerders geplant.

Pieter Lampbrecht, voorsitter van AfriForum se Thabazimbi-tak, het tydens die geleentheid gesê: “Die doel van die projek is om die omgewing te verbeter vir toekomstige generasies.”

Related Articles

Back to top button