Local newsNews

Manne van Die Pos landwyd vereer

Die Pos se manne het vanjaar geskitter by die jaarlikse Caxton-koeranttoekenningsgeleentheid — wat vir die eerste keer ooit aanlyn aangebied is.

Dié toekenningseremonie — wat in Maart vanjaar sou plaasvind — was een van die eerstes wat onbepaald uitgestel is weens die uitbreking van die Covid-19-pandemie.

Koerantredakteurs, joernaliste, fotograwe, bemarkers en uitlegkunstenaars word jaarliks landwyd tydens dié gesogte geleentheid vereer vir joernalistieke werk wat in die voorafgaande jaar verskyn het.

 

 

Die geleenhteid is uiteindelik op Donderdag 10 September aangebied en koerantmense het die seremonie vanuit die gemak van hul eie nuuskantore bygewoon.

Jaco Koekemoer, hoof- uitvoerende beampte van die Caxton-groep, het tydens die opening gesê 2020 was ’n ontsettende uitdagende jaar vir die drukmedia, maar hy is trots op die manier waarop koerante in die Caxton-stal aanpassings gemaak en steeds die nuus na hul gemeenskappe gebring het terwyl hulle deurentyd ook probeer het om hul onderskeie gemeenskappe op allerhande maniere te dien.

 

 

Drie manne uit Die Pos se stal is vanjaar vereer vir werk wat in 2019 verskyn het. Lesley Barnard is aangewys as finalis in die kategorie beste kleinadvertensie met sy advertensie wat hy vir Daniel Bekker Ortopediese Dienste ontwerp het. Willie Nel was die algehele wenner in die afdeling vir beste prys-en-produkadvertensie vir die advertensie wat hy vir Rodeo’s Steakhouse ontwerp het.

Andries van der Heyde was ’n finalis in die kategorie vir menslike foto’s (“human interest”) vir sy foto van ’n motorfietsryer wat vir ’n polisieman bid. Die Laevelder is aangewys as koerant van die jaar.

Related Articles

Back to top button