Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die warmer weer het slange uit hul winterslaap laat wakker word. Jan Louis Ja­cobs, wild­ken­ner en slang­vang­er, het aan Die Pos gesê mense moenie slange summier vankant maak nie, maar eerder iemand bel wat die reptiel kan hervestig omdat hulle ’n belangrike rol in die natuur speel. Ja­cobs moes die afgelo­pe week ’n paar slange by lodges in die omgewing verwyder. Op die foto is hy met ’n lui­slang wat hy onlangs ge­vang en herves­tig het. Vir hulp met slange in die Bela-Be­la-omge­wing kan men­se vir Ja­cobs bel by tel. 064 531 2473, Ruan Venter by tel. 084 679 7774 of Rudi Janse van Vuu­ren by tel. 082 045 6427. In die Mo­dimolle-omge­wing kan men­se vir Theu­nis Vic­tor bel by tel. 082 823 6910 of vir LD Pie­naar by tel. 072 475 6414.

Related Articles

Back to top button