Local newsNews

Oudinwoner sterf ná kort siekbed

Hannatjie (Scheepers) Malan, tweedeoudste dogter van Anna en wyle ds. Giep Scheepers (gewese emerituspredikant van die Gereformeerde Kerk Thabazimbi) is op Woensdag 26 Augustus oorlede nadat sy die vorige week in die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein opgeneem is.

Sy is voorheen met twee breingewasse gediagnoseer.

Die gewasse het drukking op haar brein veroorsaak en tot gevolg gehad dat sy haar spraak en vermoë om te beweeg verloor het.

Sy het as vierjarige saam met haar ouers na Thabazimbi verhuis en haar laer- en hoërskoolloopbaan in Thabazimbi voltooi. Sy het in 1964 aan Hoërskool Frikkie Meyer gematrikuleer.

Sy is in 2011 met ds. Neels Malan getroud. Hy was predikant in Kriel voordat hulle die beroep na die Gereformeerde Kerk Bethulie aanvaar het, waar die egpaar tot met haar dood bedien het.

Die begrafnis is op Vrydag 4 September in Thabazimbi gehou.

Hannatjie word oorleef deur haar eggenoot, Neels, haar seun, Gideon, en sy vrou, Lucinda, en kleinseun Mathew, asook haar ma, Anna Scheepers van Thabazimbi, broers en susters.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button