Local newsNews

Maak reg vir ATKV-skryfkompetisie

Inskrywings word ingewag vir vanjaar se Thabazimbi ATKV KunsteGrot-skryfkunskompetisie.

Deelnemers moenie talm nie, want die sluitingsdatum is reeds op Dinsdag 15 September.

Die kompetisie word in twee kategorieë aangebied naamlik Afrikaanse poësie en kortkuns. Daar is ook drie afdelings vir laerskole, hoërskole en volwassenes.

Deelnemers kan in albei kategorieë deelneem en ’n maksimum van drie inskrywings per deelnemer word toegelaat.

Elke skryfstuk moet ’n afsonderlike inskrywingsvorm hê en die onderneming daarop sal as waarborg dien dat dit eie en oorspronklike werk is.

Ouers mag hul kinders bystaan om die inskrywingsvorms korrek te voltooi. Die volgende voorskrifte geld ten opsigte van die lengte van inskrywings:

  • Gedig: Geen beperking op vorm of lengte nie;
  • prosa/sketse: 500 woorde en
  • kortverhale: 3 500 woorde (ongeveer drie folio’s).

Laerskoolleerders kan hul inskrywings in leesbare skrif of getik indien.

Hoërskoolleerders en volwassenes moet egter getikte teks instuur.

Die inskrywingsfooi beloop R30 per inskrywing.

Alle inskrywings plus inskrywingsfooie kan in ’n toegeplakte A4- of A5-koevert by Rita Volschenk by die KunsteGrot in Thabazimbi ingegee word.

Aanlyninskrywings kan per e-pos aan rivo@kunstegrot.co.za gestuur word en inbetalings kan aanlyn gedoen word: Capitec Bank, Thabazimbi, spaarrekening: Kunste Eisteddfod, rekeningnommer: 1398624630, takkode: 470010.

Gebruik deelnemer se naam en skryfkuns as verwysing wanneer inbetalings gedoen word.

Inskrywingsvorms is op aanvraag beskikbaar by rivo@kunstegrot.co.za(.) Alle inskrywings sal uiters vertroulik hanteer word en beoordeling word deur onafhanklike, bekwame en erkende beoordelaars gedoen.

Vir meer inligting en navrae bel vir Rita Volschenk van die KunsteGrot by tel. 083 744 8559.

Related Articles

Back to top button