Local newsNews

Boere ­kry hupstoot om noodvoorraad op plase te lewer

Die land­wy­e droog­te­toe­stand, wat in Maart vanjaar as ’n na­sio­na­le ramp deur die re­ge­ring verklaar is, is nog lank nie vir boere verby nie.

Land­bou­hulp­or­ga­ni­sasies wat suk­ke­len­de boe­re land­wyd van brood­no­di­ge hulp­bron­ne voorsien, meen dit was ’n fout van die regering om die ramptoetand in Julie te herroep.

Die Oos-, Wes- en Noord-Kaap is se­dert 2019 hard deur die voortslepende droogte getref.

Ander dele van die land het ook ’n baie swak reënseisoen gehad. Die droog­te plaas verder druk op boere wat nie deel van groot korporatiewe organisasies is nie, maar as eienaarboere reeds geslagte lank onafhanklik boer.

“Die men­se kry swaar en die na­tuur werk nie saam nie. Boere kry gereeld karkasse in die veld van diere wat weens die droogte gevrek het. Om nie eens te praat van die droë grond waar eens grasvelde was nie,” het Ro­nel Nell Steen­kamp, orga­ni­seer­der van Boe­re Hulp SA, aan Die Pos ge­sê.

Die or­gani­sa­sie het se­dert 2016 on­ge­veer 4 000 ton se noodvoorraad — van vee­voer tot kos vir suk­ke­len­de boe­re, hul ge­sin­ne en werkers — land­wyd ver­sprei. Steen­kamp het ge­sê al is die verskillende hulporganisasies bereid om te help, het hulle baie uitdagings om te bowe te kom.

Die grootste hiervan is logistieke beperkings om by verafgeleë plase uit te kom. Daar was dus groot vreugde op Woens­dag 26 Au­gus­tus toe Motus Isuzu in Isando twee trok­ke aan die or­ga­ni­sa­sie ge­skenk het.

Steenkamp en haar span was in die wolke en sê hulle sal binnekort met 28 ton noodvoorraad vertrek om boere in die Noord-Kaap te ondersteun.

Beken­des soos Jacques Smal­le, die DA se provin­sia­le lei­er, Mar­celle Ma­ritz, die Vry­heids­front-Plus se pro­vin­sia­le lei­er, as­ook Henk van de Graaf, TLU SA se Noord­streek-voor­sit­ter, het die oor­han­di­ging van die trokke op ’n saamtrek buite Bela-Bela by­ge­woon. Hul­le het aan­ge­dui dat hul­le ook by dié projek be­trok­ke sal raak.

“Men­se ver­staan nie hoe sleg die situasie vir boere in die skaap­b­edryf is nie. Van die boere en hul gesinne en werkers op die plase ly aan honger­snood.”

Sy het voorts ge­sê dit is wonderlik dat ons land se mense ruim bydra om die lot van hierdie boere te verbeter.­

“Ons kry on­ge­loof­li­ke same­wer­king van men­se met die koör­di­ne­ring en om boe­re wat in nood verkeer, uit te wys. Ons be­skik ook oor al die no­di­ge doku­men­tasie om as ’n wet­tige nie-wins­gewen­de orga­nisa­sie te kan werk.  Ons fo­kus nie net op die Kaap nie, maar bied hulp regoor die land aan waar daar nood is.”

Met die reën wat nog skaars is en die vooruitsigte op vinnige verbetering maar min, vra Steen­kamp men­se wat be­reid is om te help om haar te bel by tel. 064 529 7562.

Related Articles

Back to top button