Local newsNews

Virusvlakke steeds hoog in sekere streke, maar daal elders

Die infeksiesyfer is egter in sekere dorpe steeds hoog en vlak 2 beteken glad nie dat inwoners nie steeds versigtig moet wees nie.

Suid-Afrikaners slaak landwyd ’n sug van verligting oor die inperkingmaatreëls wat verslap is.

Die infeksiesyfer is egter in sekere dorpe steeds hoog en vlak 2 beteken glad nie dat inwoners nie steeds versigtig moet wees nie.

Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het die afgelope week 41 nuwe gevalle aangemeld. Die Pos het verlede week berig daar is ’n uitbrkeing van die Covid-19-virus by die Kokanje-aftreeoord in Modimolle en 13 inwoners en nege personeellede is positief getoets.

Volgens die provinsiale departement van gesondheid is daar teen Maandag 24 Augustus 456 gevalle van die virus in die munisipaliteit aangemeld, met 57 aktiewe gevalle. Sewe nuwe gevalle is in die voorafgaande 24 uur aangemeld. In Bela-Bela was daar 157 gevalle waarvan 23 mense steeds siek was. Slegs een nuwe geval is in die vorige 24 uur aangemeld.

Daar was 1 734 aangemelde gevalle in Thabazimbi met 82 mense wat steeds siek was. Twee nuwe mense het positief getoets. In Lephalale staan die algehele hoeveelheid infeksies op 413 met 45 aktiewe gevalle.

Daar is ook sewe nuwe gevalle in die dorp aangemeld. In Mogalakwena (Mokopane-streek) is daar tot dusver 158 mense positief getoets met 37 mense wat steeds siek is. Vier nuwe gevalle is in die vorige 24 uur aangemeld. Ander brandpunte in die provinsie is Polokwane wat tot dusver 3 477 gevalle aangeteken het. Slegs 582 is steeds siek, met 67 nuwe infeksies.

Polokwane het ook by verre die meeste sterftes aangeteken. Altesame 50 mense is reeds daar weens Covid-19 oorlede.

Tzaneen het 756 infeksies aangeteken met 119 wat steeds siek is. Daar is 16 nuwe gevalle aangeteken.

Fetakgomo Tubatse se infeksiesyfer staan op 1 163, met 131 mense wat steeds siek is. Daar is 18 nuwe gevalle aangeteken.

Volgens die departement is Limpopo, naas die Noord-Kaap, die provinsie wat die ligste daarvan afgekom het. Daar is tot dusver 12 531 gevalle aangeteken, waarvan 10 674 mense herstel het. Daar is 171 sterftes aangeteken.

Related Articles

Back to top button