Local newsNews

Bekende oudpolisieman sterf in motorongeluk

Sy oudkollegas en vriende bestempel sy dood as ’n groot verlies en onthou hom as ’n interessante man.

Japie “Jakes” Erasmus (64) van Bela-Bela is op Dinsdag 18 Augustus in ’n motorongeluk in die Roodepoort-omgewing dood.

Erasmus was ’n voormalige polisiebeampte van Bela-Bela en het graag staaltjies gedeel van sy dienspligjare en die grensoorlog.

Hy was in 1982 in ’n ernstige motorfietsongeluk betrokke en het die gebruik van sy bene verloor.

Hoewel hy in ’n rolstoel was, het hy graag sy kunstalent beoefen en ook ’n outobiografie geskryf. Sy oudkollegas en vriende bestempel sy dood as ’n groot verlies en onthou hom as ’n interessante man.

Sy begrafnisdiens is op Woensdag 26 Augustus vanuit die Gereformeerde Kerk in Bela-Bela gehou.

Related Articles

Back to top button