Local newsNews

Geliefde dominee sterf

Familie en vriende het die afgelope week hartseer afskeid geneem van ds. André Deacon, ’n inwoner van die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle.

Deacon is op Maandag 10 Augustus oorlede ná ’n sewe weke lange kankerstryd. Hy was 87 jaar oud.

Sy dogter, Chrisna van der Walt wat in Bela-Bela woon, het aan Die Pos gesê hy sal onthou word as “oom André” wat van 1965 tot 1969 “as jong predikant by die Warmbad NG-Moedergemeente betrokke was.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Hy was daarna in die Laeveld by die Alkmaar-gemeente buite Nelspruit tot in 1977 en by die Witbank-Suid-gemeente tot in 1993 waarna hy afgetree het.

“My pa het agt jaar lank as raadslid by Kokanje gedien en het die geleentheid gehad om sy passie vir drama uit te leef as voorsitter van die kultuurkomitee. Hy kon sy liefde vir sy bediening voortsit deur afloswerk te doen by gemeentes in Lutzville, Alkmaar en Gravelotte. Hy het ook dienste waargeneem in Modimolle, Bela-Bela en Vaalwater. Hy gaan gemis word vir sy warm en innemende persoonlikheid,” het sy gesê.

Deacon laat sy vrou, Magdaleen, en kinders Albé Deacon, Chrisna van der Walt, Marlene Maree en André Deacon agter, asook 11 kleinkinders en een agterkleinkind. Sy familie hou op Vrydag 14 Augustus ’n roudiens in Pretoria.


Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button