Local newsNews

Moe­nie ons land se vrou­e in land­bou on­der­skat

Die rol van vroue in land­bousake moenie onderskat word nie.

Vroue se positiewe en ondersteunende bydrae het vanjaar ’n groter krisis in landbou afgeweer. Só het Henk van de Graaf, TLU Noord­streek-voor­sit­ter, aan Die Pos ge­sê oor vrou­e en hul vol­ge­hou­e rol in die land­bou­be­dryf. Hy sê vroue moenie net in Augustus geëer word nie, maar elke dag van die jaar.

“Eers­tens gee boervrou­e dikwels hul eie loopbane, die gerief van inkopiesentrums, die luukses van boetieks en besoeke aan teaters en kunsgalerye prys om diep in die plat­te­land, waar stofpaaie die enigste verbinding met die naaste handelshuis is, te gaan woon,” het hy gesê. “Vroue en ma’s moet dikwels daag­liks sleg­te paai­e en ge­va­re trot­seer. Plaasvroue bring baie ure ag­ter die stuur­wiel deur as die amptelike karweier van kinders wat veilig by die skool en buitemuurse aktiwiteite moet uitkom of om dokumente, onderdele vir implemente of vars plaasprodukte moet aflewer. Dit is kos­ba­re tyd wat an­der vrou­e vir hul­self kan ge­bruik.”

Van de Graaf sê dit is jam­mer dat vrou­e slag­of­fers word van plaas­aan­val­le.

“Dit is dik­wels so dat plaas­vroue hul mans by­staan met ad­mi­nis­tra­sie, boekhouding en bemarking. Gaan vra vir el­ke eer­li­ke boer wat sy vrou vir hom be­te­ken. Ook die vroue van plaas­wer­kers offer ontsettend baie op,” het hy ge­sê. “TLU SA haal sy hoed af vir die vrou­e in land­bou. Hul­le het ons voor­ge­slag­te kaal­voet oor die ber­ge ge­lei en is in die moderne tyd steeds van die­self­de stof­fa­sie gemaak.”

Land­bou gaan deur ’n ontsettende on­se­ker tyd: die aan­hou­dend­e droog­te, plaasbesettings, mark­te ver­dwyn weens die impak van Co­vid-19, res­tau­ran­te se sto­we staan koud, on­se­ker­heid heers oor eien­doms­reg en ont­eie­ning son­der ver­goe­ding, die jag­be­dryf mag slegs binne pro­vin­sies opereer en a­gritoe­ris­me kwyn. Van de Graaf skryf dit toe aan die be­leids­on­se­ker­heid wat die re­ge­ring ver­oor­saak en die onregverdige toekenning van droogtehulp en ander hulpskemas aan se­ke­re be­vol­kings­groe­pe. Die gas­vry­heids­be­dryf is ook si­no­niem met land­bou.

“Ons boe­re kan en wil boer en ver­wel­kom be­slis nie die on­ge­vraag­de en af­bre­ken­de in­meng­e­ry van die re­ge­ring nie. Die boe­re sal en kan voort­gaan,” het hy ge­sê. “Die pro­du­sent en ver­brui­ker moet di­rek met me­kaar kan han­del dryf sonder be­per­ken­de re­gu­lasies. Ons doen ’n beroep op mense om ons boere te on­der­steun en boe­re­mark­te tot stand te bring waar ver­brui­kers hul voor­raad direk van die landbouer teen billiker pryse kan bekom.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button