Local newsNews

Motors: Huis Tek­na kry splinternuwe wiele

Huis Tekna, ’n te­huis vir verwaarloosde kin­ders in Be­la-Be­la, spog van Maan­dag 3 Au­gus­tus met ’n blinknuwe voertuig.

Dié meevaller is danksy ’n skenking van die Nasionale Lotery en is deur Waterberg Toyota afgelewer. Die kinders en personeel sal in die toekoms danksy hierdie reusegeskenk in weelde vervoer word.

Die te­huis huis­ves tans 45 kin­ders, wat be­staan uit 14 ba­bas, 12 kleu­ters en 19 skoolgaande leerders. Huis Tek­na be­staan al 22 jaar en word er­ken as ’n plek van vei­lig­heid vir kin­ders wat uit hul ouer­hui­se ge­neem is weens ver­waar­lo­sing of mis­han­de­ling.

Vol­gens Tek­na se be­stuur­span het hul­le in 2019 aan­soek by die Na­sio­na­le Lo­tery gedoen om befondsing vir ’n nuwe voertuig te bekom en het hulle aanvaar die aansoek was nie suksesvol nie.
Die tehuis moes tydens die grendeltydperk baie aanpassings maak en op al hul uitgawes besnoei om steeds hul verpligtinge na te kom.

En net toe hulle amper moed verloor, daag Graeme Al­berts, Toyota-agent, by Me­le­nie Nel, Huis Tek­na se pro­jek­be­stuur­der, se wo­ning met die te­huis se splin­ter­nu­we 2020 Toyo­ta Quantum 2.8 GL 11-sit­plekmini­bus op.

Die bussie is van kleurvolle logo’s voorsien sodat inwoners dadelik dié spogvoertuig kan raaksien.

Al­berts het ge­sê die mi­ni­bus is toegerus met ’n 2,8 liter die­selen­jin en het ’n sesspoed rat­kas wat vir puik brandstofverbruik sorg. Die ruim binnekant van die kajuit het gerieflike leersit­plek­ke en is voorsien van voldoende vei­lig­heids­gor­dels. Die lug­reë­ling is ook nie be­perk tot die voor­ste sit­plek­ke nie, maar sal vir elke passasier ’n welkome lafenis bied in die bloedige warm Bosveld-somers.

Vir be­ter sig­baar­heid op die paaie is u­nie­ke lig­te ge­ïn­stal­leer wat outomaties aan­ska­kel wan­neer die voer­tuig aan­ge­skakel word en dit funksioneer af­son­der­lik van die hoof­lig­te.

Die voer­tuig be­skik ook oor ’n WiFi-punt vir na­vi­ga­sie- en slim­foon-doel­ein­des.

Die mini­bus sal sonder twyfel rygenot vir die kinders en personeel verskaf.

Huis Tek­na het die sken­king met dank­baar­heid ver­wel­kom.

Related Articles

Back to top button