Local newsNews

VROUE en eiendom: Kyk uit vir dié slaggate wanneer jy huiskoop

Om ’n huis te verkoop, kan selfs in gunstige tye ’n uitdaging wees, maar in die huidige mark is dit ’n nóg groter uitdaging.

Volgens Century 21, leiers in die eiendomsbedryf, het agente tydens die grendeltydperk intensiewe opleiding ondergaan om hulle toe te rus met vaardighede vir die “nuwe normaal” in die eiendomsbedryf.

• Die dae van bloot agent wees is verby. Opgeleide agente by Century 21 Bela-Bela staan nou bekend as “Property Profesionals”. Hulle is gerat om enige eiendom wat markverwant geprys is op hul nuwe manier te bemark en te verkoop.

Volgens dié tak het die nuwe opleiding hulle gehelp om die afgelope twee weke altesame 17 nuwe transaksies suksesvol af te handel.

Van die belangrikste punte sluit die volgende in:

Waarde/prysbepaling:
In die nuwe mark word die klem geplaas op markverwante pryse; dus waarde vir geld teenoor die verlede waar daar meestal net op prys gefokus is. Dit is nie ’n argument wat verkopers altyd pas nie. Dit is dus nie belangrik wat die eienaar nog skuld op die eiendom nie wat die swaarste moet weeg nie, maar wat die mark bereid is om te betaal vir die eiendom. Kenners beveel dus aan dat die eiendom dus van die begin af reg geprys sal wees.

Die verkoper het net een geleent heid om ’n goeie indruk te maak:
Eerste indrukke is blywend. ’n Netjiese huis en tuin help verseker dat ’n woning verkoop.

Herstel, maar moenie oorkapitaliseer nie”
Herstel dit wat stukkend is, gee die binne- en buitekant ’n nuwe laag verf, maar moenie te veel bestee nie. Die koper sal sy eie stempel wil afdruk. Gebreke moet openbaar word aan die koper.

Professionele foto’s:
Wanneer daar foto’s geneem word, word aanbeveel dat vertrekke nie oorvol is nie en dat niks rondstaan nie. ’n Mooi bos blomme skep atmosfeer.
In die nuwe mark sal die foto’s die koper se eerste ontmoeting met die eiendom wees.

Skakel gerus enige van hul agente vir hulp.

Die tak is ook op soek na energieke vroue tussen 30-40 met ’n eie voertuig, skootrekenaar en selfoon. Suksesvolle kandidate sal opgelei word om deel van die span te wees. Belangstellendes kan die Century 21 Bela-Bela-tak skakel vir meer besonderhede.


WAT IS DIE HUIDIGE UITDAGINGS IN DIE EIENDOMSMARK?

Marie Kruger – Proprite-eiendomme:
“Die fokus het verskuif na minder persoonlike kontak met kliënte en daar word slimmer van aanlynbemarking gebruik gemaak. Ons maak beslis meer van sosiale media en vir deomateriaal gebruik. Soos elders in die land groei die verhuringsmark tans beter as die verkoopmark en is dit dus ’n ideale geleentheid vir beleggers om eiendom te koop.”

 

Elsa Ferreira – Africa Game Farm Estates:
“Mookgophong is ’n baie gewilde dorp en omgewing en die aanvraag en aanbod van eiendomme is goed. Die huidige swak ekonomie het egter ’n negatiewe uitwerking op die eiendomsmark wat baie jammer is.”

 

Erinda van Aswegen – Apple Properties in Mookgophong:
“Daar is tans groeiende belangstelling in eiendomme in die dorp. Die lae rente-
koerse maak dit gunstig vir nuwe huiskopers om ’n voet in die deur te kry.”

Related Articles

Back to top button