Local newsNews

Re­ser­vaat kry hel­pen­de hand ter­wyl bedryf bloei

Die toe­ris­mebedryf is een van dié wat die hardste deur die Covid-19-regulasies getref word.

Die regering het in die jongste Staats­koe­rant aangedui hy beoog om finansiële hulp aan dié sektor te verskaf. Die proses om aansoeke vir regeringshulp word as dringend beskou en die proses moet toeganklik wees vir die voortbestaan van verskeie diensverskaffers in die bedryf.

Die Gro­ter Balepye-na­tuur­re­ser­vaat bui­te Grave­lotte in Limpopo het on­langs goeie nuus ont­vang. Lede van African Wildlife Services (AWS) van Be­la-Be­la speel ’n ak­tie­we bes­tuurs­rol by dié reservaat.

Die re­ser­vaat het verneem dat hulle nou — bykans drie maande nadat hulle om regeringshulp aansoek gedoen het — ’n hulp­pak­ket van R50 000 sal ontvang.

Louis Eber­söhn, di­rek­teur van AWS, het aan Die Pos gesê hul­le is baie dankbaar vir dié drup­pel-aan-die-em­mer-ver­lig­ting, want die werknemers se salarisse en die voortbestaan van die reservaat is in die gedrang.

Die re­ser­vaat is ’n paar jaar ge­l­ede deur mid­del van ’n grond­her­vor­mings­pro­ses ge­stig.

Daar is wild gevestig, geriewe opgegradeer en die deure is oopgegooi vir toeriste en professionele jagters. Die reservaat het geldelike bystand aan 532 huishoudings gebied en werkgeleenthede in die gemeenksap geskep danksy die aanleer van nuwe vaardighede in die wildbedryf.

“Hierdie was een van die suk­ses­sto­ries van die he­le grond­her­vor­mings­pro­ses. Ons staan die gemeenskap by met die bestuur van die reservaat, maar se­dert die in­per­king het ons nie ’n en­ke­le kliënt gehad nie. Daar was geen inkomste nie, maar die bedryfsuitgawes moes steeds betaal word.”

Eber­söhn het ge­sê kenners meen die toerismebedryf sal eers weer teen aanstaande jaar op sy voete kom. Die sluiting van die lugvaartbedryf het Balepye veral hard getref omdat hulle vanjaar geen buitelandse jagters kon ontvang en huisves nie. Dié verlies word op miljoene bereken. Eber­söhn het in sy aan­soek aan die de­par­t­ement aangevoer dat die verlies van inkomste ’n direkte invloed op die plaaslike gemeenskap het, aangesien hulle van die reservaat afhanklik is.

“Ons praat nie eens van die stryd teen wild­stro­pers nie, want daar is geen hulp­bron­ne wat ons bystaan nie. Dit is in na­sio­na­le belang dat die toe­ris­mebedryf sy kop optel, want daardeur kan be­wa­ring deur be­nut­ting, op­lei­ding en programme soos die her­ves­tiging van wild ook voortgaan.

  • Ingevolge die Staatskoerant mag jag­ters slegs jagtogte binne provinsiale grense tydens vlak-3 van die grendelstaat onderneem. Die jagtogte mag slegs onderneem word indien die jagter en die plaaseienaar oor die no­di­ge per­mit­te beskik. Ingevolge wet­ge­wing mag wild tans slegs vir ver­bruik ge­skiet word.
  • Die jongste wetgewing bepaal dat slegs dagbesoekers weer by plekke van besienswaardigheid en natuurreservate toegelaat word. Gastehuise en hotelle mag slegs oornagverblyf verskaf aan mense wat op sakebesoek is. Hierdie diensverskaffers moet egter aan al die Covid-19-veiligheidsriglyne voldoen en moet ook deeglike rekordhouding hê van alle besoekers.

Related Articles

Back to top button