Local newsNews

Hoe rooier, hoe mooier: Rooiwarm woede sleg vir jou

Die kleur rooi word met liefde, Valentyndsdag en romanse verbind, maar ongelukkig ook met woede.

Die Pos het met Corlia Branders, geregistreerde berader en psigometris van Bela-Bela, gesels oor die hantering van woede, stres en spanning in hierdie onseker tye waarin mense deesdae leef. Volgens Branders put sy in dié tyd inspirasie uit ’n boodskap wat sy jare gelede van ’n onderwyser gekry het: “Daar waar die moeilikheid vir jou wag, het God reeds krag vooruitgestuur.”

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Volgens Branders veroorsaak die ongewone omstandighede vir baie mense angs wat hartkloppings, vlakker asemhaling en stywe spiere veroorsaak. Dié angs kan selfs tot paniekaanvalle lei.

Om beheer oor stresvolle situasies en negatiewe denke te oorwin, het Branders die volgende raad:

  • Haal vier tot vyf keer deur jou neus asem en blaas dit stadig uit.
  • Raak van oortollige energie ontslae. Sny gras, maak huis skoon, speel met ’n bal, spring op en af of bel ’n vriend.
  • Maak ook tyd om rustig te verkeer. Delegeer take of stel ’n roetine in sodat daar tyd is om op ’n stil plek deur te bring, ’n rustige bad te neem of na goeie musiek te luister. Gun jouself tyd.
  • Kry sonskyn en vars lug. Sonlig (vitamine D) is voordelig. Pak aktiwiteite in buitelug aan. Lag saam met vriende of geliefdes of kyk ’n snaakse video, want dit stel die regte endorfiene vry.
  • Sosiale media kan baie negatief wees. Wees uiters selektief op watter sosiale mediaplatforms jy jou bevind. Oppas vir samesweringsteorieë, angsbevange boodskappe, fopnuus en bangmaakstories wat uit verband geruk word. Wees selektief met plasings wat die ongegronde bangmaakstories net verder versprei.
  • Doen “voorraadopname” van jou lewe. Gaan deur jou kaste en kyk of jy alles het om daagliks te kan oorleef. Selfs al het jy nie baie nie, maak die beste van wat jy het. Haal onnodige items uit en versprei dit na ander wat minder het.
  • Gebruik jou sintuie en gesonde verstand. Ontdek jou gawes en ondersoek nuwe aktiwiteite. As dit voel asof jou wêreld te klein raak, reik uit en deel jou humor, ekstra kos, jou omgeehart, wysheid, kennis en insig.

Baie dankie aan André Kock en Seuns sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button