Local newsNews

Hoe rooier, hoe mooier: ’n Oulap se rooi maak mooi

Soms wonder ’n mens waar sekere uitdrukkings in ’n taal vandaan kom en wat dit beteken.

Rooi is nie net die kleur van gevaar, bloed, liefde, rose, verleidelike lippe, aarbeie en sappige waatlemoen nie. Dit is ook die kleur wat in talle idome gebruik word. Dink maar aan iemand wat “rooi hakskene het” (iemand wat erg vryerig is), “hoe rooier hoe mooier” of “’n oulap se rooi maak mooi”.

“’n Oulap se rooi maak mooi” is ’n bekende uitdrukking in Afrikaans en het glo in 1825 ontstaan toe die Britse regering in Suid-Afrika die Suid-Afrikaanse handelstelsel verander het en die destydse riksdaalder, skelling en stuiwer (of “oulap”) vervang is met ponde, sjielings en pennies. In die volksmond het ’n pennie bekend gestaan as ’n “oulap”.

Rooi kleursel was aanvanklik baie skaars en duur en daarom was dit ’n statussimbool om rooi klere te dra.

Die idioom is ook in 2016 gebruik in ’n solostuk deur die aktrise Woutrine Theron ter viering van die bekende Afrikaanse digter, Audrey Blignault, se 100ste verjaarsdag.

Rooi is ’n helder kleur wat met Kersfees en Valentynsdag geassosieer word. Maar dek gerus nou ’n rooi tafel en bring spontaan vreugde tydens die inperkingstyd. Dit sal die hele gesin opvrolik.

“Elke huis moet iewers ’n rooi pot, bord of selfs ’n spoggerige rooi yskas hê,” het Sandra Wessels, ’n bekende binnehuisversierder in die Wes-Kaap aan Die Pos gesê.

Gaan krap rond in die kaste, of selfs by pandjieswinkels, en maak seker dat jy ’n rooi item by jou bestaande dekor voeg. Stal dit uit en geniet die warmte wat dit uitstraal.

Related Articles

Back to top button