Local newsNews

Brand rig skade aan by hospitaal

“Die toerusting was bestem om opgeveil te word, want ons kon dit nie meer gebruik nie.”

Twee skeepsvraghouers waarin mediese toerusting wat buite werking was, gestoor is, het aan die brand geslaan nadat ’n veldbrand vanaf die naburige Mountain View-woonbuurt na die F.H. Odendaal-hospitaal in Modimolle versprei het.

Saterdag 11 Julie was ’n besonder winderige dag en die brand het baie vinnig deur die droë gras versprei. Brandbestryders kon volgens Solly Maphologela, assistent-direkteur by die hospitaal, die vlamme betyds blus voordat dit na twee tydelike geboue, wat langs die skeepsvraghouers staan, versprei het.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

“Die toerusting was bestem om opgeveil te word, want ons kon dit nie meer gebruik nie,” het hy gesê.

“Daar is ’n ondersoek om te bepaal hoe die brand ontstaan het,” het Maphologela gesê.

Volgens Thilivhali Muavha, woordvoerder van die departement van gesondheid, kon die skade erger gewees het omdat die wind so sterk gewaai het. Die departement waarsku inwoners oor die ernstige gevolge van onbeheerde brande.

“Ons vra dat mense ekstra versigtig moet wees wanneer hulle oop vure maak in hierdie winderige seisoen. Brande is ’n groot rede vir erge beserings in die winterseisoen,” het dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid, gesê.


Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button