Local newsNews

Brandverbod in werking

Die verbod op die maak van oop vure het amptelik op Woensdag 1 Julie in die Waterberg-omgewing in werking getree.

Die besluit om die datum met ’n maand te verleng is deur lede van die verskillende brandsektore, asook die Bela-Bela-brandbeskermingsvereniging, geneem nadat die Waterberg in die laatsomer goeie reënval aangeteken het.

Die nasionale brandbeheerwet vereis dat grondeienaars voor die sperdatum brandbane om hul eiendomme moet maak. Enigeen wat ’n oop vuur maak nadat die brandverbod in werking getree het, kan in terme van wetgewing vervolg word.

Grondeienaars word verbied om nou nog voorbrande te maak om brandbane om hul eiendom te maak.

Indien hulle nie voor die spertyd hul brandbane gereed gemaak het nie, moet hulle aansoek doen vir ’n permit daarvoor by die departement van landbou, het Arnaud Le Roux van die Bela-Bela-brandbeskermingsvereniging, gesê.

Mense wat die vereniging wil kontak kan vir Le Roux bel by tel. 082 325 6578, of vir Melgard Meyer by tel. 084 788 9291 of Chris Wagner by tel. 083 299 7487.

Related Articles

Back to top button