Local newsNews

Limpopo se luiperds word getel

’n Grootskeepse luiperdtelprojek is in Limpopo geloods om ’n beter idee te kry hoeveel lui­perds in Suid-Afri­ka is.

Die jag van dié diere is in 2016 opgeskort.

Die Suid-Afri­kaan­se be­roeps­jag­ters­ver­eni­ging (Phasa) het verlede jaar, in samewerking met die Singata Be­wa­rings- en na­vor­sings­fonds, ’n pro­jek in Lim­po­po ge­loods om die ver­sprei­ding van lui­perds op grond wat in pri­vaat­be­sit is vas te stel en ’n aan­dui­ding te kry of lui­perd­ge­tal­le ver­min­der.

Die langtermynpro­jek is in Lim­popo geloods om­dat dit een van die pro­vin­sies is wat die mees ge­skik­te ha­bi­tat vir dié skug­ter die­re bied. Dit sal later na ander provinsies uitgebrei word, het Pie­ter Pot­gie­ter, aan­ge­we­se pre­si­dent van Pha­sa, gesê. Daar is tans ses pro­jek­te waar­van drie reeds af­ge­han­del is en drie goed vor­der.

 

Anneke van der Merwe is een van die navorsers by die luiperdprojek. Dié projek ge-
bruik kameras om die beweging van die diere aan te teken. Foto’s word ook van ander tekens van hul teenwoordigheid geneem om op ’n databasis geplaas te word. So-
doende kan ’n duideliker prentjie verkry word hoe luiperdgetalle in die omgewing lyk.

 

“Na­dat die jag van lui­perds in 2016 in Suid-Afri­ka be­ëin­dig is, het Phasa be­sef die enig­ste ma­nier om inligting oor die getalle te be­kom, is om die navorsing self te doen en nie op staats­de­par­te­men­te staat te maak om inligting te verkry nie. Ons het da­arom die pro­jek van sta­pel ge­stuur om te be­paal hoe ons lui­perd­getalle daar uitsien. Ons is eers­tens be­waar­ders en twee­dens jag­ters. Ons is wel daar­van oor­tuig dat die lui­perd­getalle ge­sond is en wil graag sien of na­vor­sing dit be­ves­tig,” het Pot­gie­ter gesê.

Een van die pro­jek­te wat tans geloods word, is in die Nyati- en Goud­rivier­ge­bied tus­sen Vaal­wa­ter en Le­pha­l­ale. Lui­perd­be­we­ging is in slegs een week by meer as 45 pun­te op­gemerk. Die pun­te word op ’n kaart van die ge­bied aan­ge­te­ken. Die Buffalo Creek-pro­jek is ook na­by Vaal­wa­ter ge­leë.

Die na­vor­sing maak staat op ka­me­ra­pun­te wat op­ge­stel is in die veld waar lui­perds be­weeg. Fo­to’s en video’s word van die die­re ge­neem om te help om hul­le te iden­ti­fi­seer en so­doen­de kan ’n pren­tjie ge­skep word van hoe­veel die­re in die om­ge­wing ak­tief is.

Luidens ’n ver­slag deur die ver­eni­ging word die na­vor­sing slegs in ge­bie­de gro­ter as 10 000 ha ge­doen en strek dik­wels oor ver­skeie eien­dom­me. Die grond­eie­naars, hul werk­ne­mers, pro­fes­sio­nele jag­ters en men­se in die ge­meen­skap word ook by die na­vor­sing betrek sodat ’n vol­le­di­ge in­druk verkry kan word. Tekens van lui­perds, hul vang­ste, spore of mis word aangemeld.

Die pro­jek­te in Rhino­land (oos van Le­pha­la­le), Dwaal­boom en Tha­ba Tholo (albei in die Tha­ba­zim­bi-om­ge­wing) is reeds af­ge­han­del. Die twee pro­jek­te bui­te Vaal­wa­ter en Rooi­berg vor­der ook goed se­dert die ka­me­ras be­gin Ju­nie geïn­stal­leer is.

Die lui­perd­loer­broer-pro­jekte is nie son­der uit­da­gings nie. Nuus­kie­ri­ge oli­fan­te, ka­meel­per­de en buf­fels skuif soms van die ka­me­ras of be­ska­dig dit. Die navorsers kon ge­du­ren­de die gren­del­tyd ook nie by die ka­me­ras uit­kom om te ver­se­ker dat al­les nog in or­de is nie en werk­ne­mers op die pla­se is opge­lei om die ge­heue­kaar­te en bat­terye ge­reeld te ver­vang so­dat die no­dige in­lig­ting steeds noukeurig in­ge­sa­mel kan word.

Related Articles

Back to top button