Local newsNews

Grendeltyd is leestyd, sê Modimolle se boekwurms

Die dag nadat die regering die grendeltydperk aangekondig het, het party mense gestorm om ’n oormaat kruideniersware te koop.

Ander het drankwinkel toe gemik. Die boekwurms is egter reguit na die Leeskring in Modimolle toe. Wie wil dan nou vasgekeer wees in jou huis sonder ’n goeie boek of ses om te lees?

Volgens Marthie Alberts het inwoners tougestaan toe die Leeskring weer sy deure op Maandag 4 Mei geopen het.

“Almal was geduldig terwyl ons eers hul hande ontsmet het en hulle daarna een-een toegelaat het om nuwe boeke uit te soek. Ons het op dié dag meer as 100 boeke uitgegee.”

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

’n Rits nuwe boeke is die afgelope week op die rakke uitgepak. Daar is ook skenkings van 59 boeke ontvang.

Die nuwe Afrikaanse boeke wat gekoop is, sluit in Huis van Gruwels deur Susan Henriette Cilliers, Kanaän van Sophia Kapp, Afspraak met Moord van Jana Marx, Corali van Chanette Paul en As dit voel soos liefde van Didi Potgieter.

Die nuwe Engelse boeke is One Good Dead van David Baldacci, Outfox van Sandra Brown, Final Option van Clive Cussler, I Know A Secret van Tess Gerritson, The Strawberry Thief van Joanne Harrison, The Eyes of Darkness van Dean Koontz, Tattooist of Auschwitz van Heather Morris, Where the Crawdads Sing van Delia Owens, 20th Victim van James Patterson, Golden in Death van J.D Robb, Closer Than You Think van Karin Rose, My Dark Vanessa van Elizabeth Kate Russell en Call of the Raven van Wilbur Smith.

Lesers kan boeke op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 uitneem. Die Leeskring is in Steve Tshwetestraat 13 in Modimolle.

Vir meer inligting bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.


Baie dankie aan André Kock en Seuns sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button