Local newsNews

Bos­veldvoël­klub vier 25ste bestaansjaar

Die Bos­veld­voël­klub vier in Ju­nie hul 25ste be­staans­­jaar, maar sal weens die gren­del­staat die feesvieringe vir eers moet uitstel.

“Covid-19 het ongelukkig ’n stok in die spe­ke ged­ruk, want ons het ’n groot ma­kie­tie vir Julie beplan, maar ons sal geduldig wag en die verjaardag later vier,” het Jan van Bil­jon, klub­voor­sit­ter, aan Die Pos gesê.

Al­le klubak­ti­wi­tei­te is ge­kan­sel­leer, maar die be­stuur werk reeds vol­stoom aan ’n klub­pro­gram vir 2021.

Die klub is in 1995 ge­stig en hul grondwet is teen Ju­nie die­self­de jaar goedgekeur.

Daar het aanvanklik ’n pa­ra­dys­vlieë­vang­er op die klub se embleem verskyn, wat in 2000 met ’n Bos­veld­vis­vanger ver­vang is, het hy ver­tel.

“Daar was aan­vank­lik net 11 le­de in die klub. Die eers­te voor­sitter was Fred­die Smith en dr. Mich Veld­man van Modimolle is as erepre­si­dent verkies. Die klub het in die jare wat gevolg het, on­der die voor­sit­ter­skap van Leon en Riko Sny­ders en hul be­stuur­span, gedy. Daar is tans meer as 100 lede.”

Die klub het tus­sen­ hul voëlkykuit­stap­pies ook pro­jek­te aan­ge­pak en in 2001 is ’n voël­kykskui­ling in Mo­di­mol­le gebou. Die ryk voël­le­we in die vleiland tus­sen die Nyl­ri­vier en Mo­di­mol­le se in­dus­triële ge­bied het le­de week­li­ks ge­lok.

Van Bil­jon het ge­sê voël­ky­kers het in 2004 van hein­de en ver ge­kom om die ver­skei­den­heid wa­ter­voëls te be­sig­tig omdat die riviere toe baie vol was.

Die le­de het hard ge­werk om ’n plek vir voël­ky­kers in te rig en dit is die Mo­di­mol­le Bird Sanctuary gedoop. Weens die mis­daadgevaar het ­dié pro­jek ongelukkig doodgeloop, het Van Biljon ge­sê.

Klublede was nogtans baie aktief en het ge­reel­de by­een­koms­te ge­hou waar ken­ners aan­bie­dings en le­sings oor voëls gele­wer het, het hy ge­sê. Daar is verskeie daguitstappies gereël en ook voël­kampe.

Die klub spog ook met hul kwar­taallik­se uit­ga­we, Die Pen­ne­veer, wat deur klub­lid Chris­tine Ros­souw be­har­tig word. Dié uit­gawe is propvol ar­ti­kels en foto’s wat deur lede en ken­ners saam­ge­stel word.

Vol­gens Van Bil­jon neem die klub ook deel aan die jaar­lik­se sen­sus van die Bos­veld­voëls in Nyls­vley.

“Ons lewer ook ’n by­drae tot die so­mer- en win­ter­wa­ter­voël­tel­lingpro­jek (CWAC) van die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad. Ver­der is van ons lede betrokke by Birding Big Day van Birdlife South Africa en die Suid-Af­ri­kaan­se Voël­at­las­pro­jek (SABAP2).”

“Ons gebruiklike sop-en-sjerrieaand in die winter is ’n hoog­te­punt op die ka­len­der, maar vanjaar moes dit ongelukkig in die slag bly.”

Vir meer inligting oor die klub of om aan te sluit, bel vir Van Bil­jon by tel. 082 822 6435 of vir Ger­hard Vos­loo, klubse­kr­eta­ris, by tel. 084 550 1651.

Related Articles

Back to top button