Local newsNews

Noodlottige ongeluk op grondpad eis lewe

“Die on­ge­luks­to­neel was erg. Baie men­se het seer­ge­kry. Daar het ses am­bu­lan­se op­ge­daag om die men­se te help,”

Altesame 12 plaas­wer­kers en die in­sit­ten­des van twee an­der voer­tuie is ern­stig be­seer ná ’n bot­sing reg van voor op ’n grond­pad bui­te Mo­di­mol­le.

Een per­soon is op die to­neel oor­le­de.

Die be­stuur­der van ’n bak­kie wat werk­ne­mers van ’n plaas op die Don­ker­poort-­pad ver­voer het, het na bewering opeens gesien hoe twee voer­tuie langs me­kaar van voor af aan­ge­kom het.

Vol­gens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, het die bestuurder van ’n ou Maz­da-bak­kie glo ’n ander voer­tuig op ’n draai ver­bygesteek. Dié voer­tuig het die bak­kie, met die wer­kers op, reg van voor ge­tref. Een per­soon is op die to­neel dood en die an­der is na hos­pi­ta­le in Jo­han­nes­burg, Po­lo­kwa­ne en Mo­ko­pa­ne oorgeplaas.

Die on­ge­luk het kort ná 07:00 op Maan­dag­og­gend 25 Mei ge­beur.

Ba­rend en Si­mo­ne Pie­naar, wat na­by die toneel woon, was eers­te op die to­neel. Hul­le is on­der­skei­de­lik van die Wasps-vei­lig­heids­groep en die EMS Wa­ter­berg se trauma­diens­te en kon dadelik me­die­se hulp ont­bied.

“Die on­ge­luks­to­neel was erg. Baie men­se het seer­ge­kry. Daar het ses am­bu­lan­se op­ge­daag om die men­se te help,” het Ba­rend aan Die Pos ge­sê. “’n Heli­kop­ter het geland en een van die men­se na ’n hospitaal vervoer.”

Han­nes Be­ne­ke, wie se werk­ne­mers op die bak­kie was, het by navraag ge­sê dit was ’n ont­stel­len­de to­neel.

“Dit is skokkend om so iets te sien.” Hy het Maan­dag­mid­dag ge­sê hy sukkel nog om in­lig­ting oor die toe­stand van al die werk­ne­mers te kry en uit te vind in wat­ter hos­pi­ta­le hul­le opgeneem is. “Ek gaan môreog­gend na die hos­pi­taal in Mo­di­mol­le en kyk of ek hul­le kan op­spoor.”

Die na­me van die men­se wat in die on­ge­luk be­trok­ke was, is nie teen druktyd be­kend ge­maak nie.

Related Articles

Back to top button